Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #73 – 70 Virgins en ‘n bacon buffet

Die week sit ek en Sven op my stoep en praat oor hoe fucked up mense kan wees. Ons praat oor 70 virgins kry vir jouself opblaas en die bacon buffet waarvan jy nie sal kan eet nie. Ons raak ook op val by trappe af, hoogtevrees, ski en dronk fiets ry. All in all ‘n goeie podcast gewees wat jou vir so rukkie sal kan besighou by die werk, of in die kar terwyl jy ry.

Gevaaalik Podcast #73 - 70 Virgins en 'n bacon buffet

Daar is so hier en daar bietjie windgeraas, net so twee keer. Die wind wou nie so lekker saamspeel en bly lê terwyl ons die podcast record het nie. Kan jy nou glo dat die wind nie luister vir ons nie?

Jy kan maklik op jou iPhone die podcast app gebruik en subscribe aan die gevaaalik.comedy Podcast. Maak net die podcast app oop en search vir gevaaalik.com, en bliksem daardie “Subscribe” knoppie met jou vinger. Of, as jy cheap is soos ek en ‘n Adroid foon gebruik kan jy die BeyondPod App download, dan bliksem jy die “+Add Feed” knoppie en search net vir gevaaalik.com. As jy eers subscribe het kan jy maklik net die nuutste episode van die podcast download as jy in ‘n Wifi area beland.

Indien jy jou bek wil rek oor ons podcast kan jy gerus ‘n email stuur na podcast@gevaaalik.com. Jy hoef ons nie net te email as jy die podcast like nie, jy kan ons ook email as jy ons podcast haat. Ons like daai emails, en lag altyd lekker vir hulle. As ons die week een kry sal ek dit lees op die volgende podcast. Of miskien stel jy net ‘n song voor om die podcast mee af te skop. Either way, dankie vir die emails.

Die week se podcast skop af met Gone Is Gone – Violescent

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

1 Response

  1. June 22, 2016

    […] Nuwe week, nuwe gevaaalik.comedy Podcast: #73 – 70 Virgins en ‘n bacon buffet […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *