Podcast met Wynand Myburgh en Jason Oosthuizen van Van Coke Kartel
Drank is ‘n snaakse ding. En te veel daarvan kan dinge erg opfok. Hierdie is die situasie waarin ek myself bevind het gister. Ons moes 17:00 by Cafe Barcelona wees sodat ons bietjie met Wynand en Jason kon chat vir ‘n podcast. Ek was nervous, baie nervous en ek het gedink as ek so ietsie drink vir die nervs gaan dit help. Dit het nie, in fact ek dink dit het erger geraak.
Julle sal hoor dat die podcast vreeslik ongemaklik voel aan die begin. Toe ek struikel met die eerste ding wat ek sê toe weet ek hier kom kak. Dit is 100% my skuld en ek vra omverskoning. Gelukkig was Wynand en Jason baie vriendelik en fokken geduldig met my dumbass. Dit het toe heelwat beter geraak en in ‘n goeie podcast verander. Ongelukkig moes ons dit kort knip op omtrent 40 minute want toe moes die ouens gaan setup doen vir hulle show.
So hier is die podcast wat ek nogsteeds nie geluister het nie want ek is seker ek klink soos ‘n retard. Weereens my skuld. Dankie dat julle aanhou luister en soos ons aangaan leer ons ook maar dinge. Ek moet leer om nie ‘n fokken fanboy te wees as dit kom by chat met bands waarna ek al vir jare luister nie. Geniet hom en laat weet ons wat julle dink, Wynand en Jason is twee fokken cool ouens en lekker vol grappe. Hopelik kan ons dit eendag weer probeer ek en sal my A game kan bring.
1 Response
[…] is, is dit onvermydelik dat jou gunsteling band op ‘n stadium gaan ophou musiek maak. Van Coke Kartel gaan op hul laaste toer en dan is dit verby vir die […]