gevaaalik.comedy Podcast #77 – Friar’s great habit

In die week se gevaaalik.comedy Podcast episode (wat eintlik laasweek se episode moes wees, nou kry jy twee die week) praat ek met Jaco, my vriend wat sy eie bier brouery het. Sven kon nie laasweek ‘n podcast record nie, en die week is hy ook buitestedig vir “werk”. Dus toe Jaco my bel en vra of ek ‘n bier wil gaan drink, toe corner ek hom sommer vir ‘n podcast.

Gevaaalik Podcast #77 - Friar's great habit

Ons praat oor games speel, werk vir jouself, boelies en ‘n hele paar ander dinge. Ons het die podcast in ‘n bar record, so daar is so bietjie background noise, maar niks te ernstig nie.

Die song aan die begin van die week se podcast is Rotting in Vain – Korn

Jy kan die gevaaalik.comedy Podcast kry op iTunes, so bliksem daardie subscribe knoppie en kry elke nuwe episode soos dit verskyn. As jy ‘n Android device het kan jy BeyondPod gebruik en ook subscribe aan ons podcast deur net te search vir “gevaaalik.com”. Of ‘n ander opsie is die Soundcloud App en dan kan jy ons podcast sommer via ons Soundcloud page kry wat werk vir alby Apple en Android.

Geniet die nuwe episode van die gevaaalik.comedy Podcast en lekker luister.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *