Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum – Brunei

Hierdie week beweeg ons ‘n bietjie weg van die klein eilande af, na die derde grootste eiland in die wêreld, naamlik Borneo.  Die fokus van hierdie post is egter nie op Borneo nie, maar op een van die lande op die eiland, genaamd Brunei.  Die offisiële naam van Brunei is Nation of Brunei, the Abode of Peace.  Klink salig.  Kom ons leer meer.

this_is_brunei

Brunei val onder die ekwatoriale klimaatsone en het dus eintlik net een klimaat – baie warm en bedompig.  Dit is hoogs tropies en het ‘n kuslyn so sal maak vir ‘n lekker vakansie.  Die locals is meestal Muslim, maar glo baie vriendelik en verdraagsaam teenoor toeriste.  Goeie nuus, want ek hoor ook dat daar drastiese negatiewe nagevolge kan wees wanneer ‘n klomp Muslims nie van toeriste hou nie.  Vra maar vir enige Amerikaanse soldaat.

Brunei-river-at-longhouse-edit1

Brunei se woude

Brunei word regeer deur ‘n absolute Monargie en die hoof dude staan bekend as die Sultan of Brunei.  Hy is die Koning, en hy call die shots.   Die huidige Sultan van Brunei is “His Majesty Sultan Haji Hassanal Bolkiah Mu’izzaddin Waddaulah Ibni Al-Marhum Sultan Haji Omar ‘Ali Saifuddien Sa’adul Khairi Waddien”.  Probeer daai outjie 3 keer vinnig sê!  Kom ons noem hom maar vir praktiese doeleindes net “Die Sultan”.  Die Bolkiah familie is al vir meer as 600 jaar in hierdie “Sultan besigheid”.  Lucky bliksems.

Sultan of Brunei

Die Sultan van Brunei saam met Queen Elizabeth. Die Prins aan sy linkerkant en sy twee vrouens heel links en regs. Nice snorretjie wat die Prins daar het, vir ‘n pedofiel.

Brunei is die vierde grootste olieprodusent in Suidoos Asië (met ‘n produksie van rofweg 167,000 vatte per dag) asook die negende grootste produsent van vloeibare natuurlike gas ter wêreld, so ekonomies doen hulle glad nie sleg nie.  Die regering sorg wel mooi met hierdie geldjies vir hulle bevolking.  Hulle voorsien alle mediese dienste en subsidiëer rys en behuising.  En hierdie is lyk my nie daai flimsy RDP bullshit wat gebou word om stemme te koop nie.  ‘n Koning kort seker ook nie stemme nie, come to think of it.

Net gou ‘n paar interessante feite oor die Sultan van Brunei:

  • Sy paleis het 1788 kamers, van hulle is versier met goud en diamante.
Brunei's Sultan Hassanal Bolkiah (20)

Die Sultan van Brunei se paleis. Soortgelyk aan die Taj Mahal, maar aansienlik duurder en meer luuks.

  • 257 van die baddens het insette van goud en silwer.
  • As jy vir 30 sekondes na elke kamer kyk, sal dit jou 15 ure neem.
  • Daar is 650 suites in die paleis, elkeen uitgerus teen 150,000 Euros.
  • Een van sy Boeing 747’s het ‘n borrelbad en wasbakke van soliede goud.
Brunei's Sultan Hassanal Bolkiah (12)

Een van sy Boeings se binnekant. Alles wat goud van kleur is, is goud. Belaglik.

Brunei's Sultan Hassanal Bolkiah (14)

Binnekant van een van sy Boeings.

Brunei's Sultan Hassanal Bolkiah (17)

Goeie wasbakke – hoe fokken prakties.

Sultan Jet

Die konferensietafel in die Boeing. Laudium is jaloers.

  • Hy het laat Rolls-Royce en Porsche SAAM ‘n kar vir hom maak wat in Londen staan.  Hy gebruik dit wanneer hy daar is.
Porsche-Rolls

Die one-of-a-kind Porsche-Rolls

Porsche-Rolls rear

Die Porsche-Rolls van agter

 

sultanofbruneicars8

Een van sy goue karre. As jy kan bekostig om ‘n Merc te gold-plate, hoekom sal jy ‘n C-klas kies?

Volgens Wikipedia het hy:

  • 531 Mercedes-Benzes
  • 367 Ferraris
  • 441 Bentleys
  • 267 Bmws
  • 206 Jaguars
  • 222 Porsches
  • 230 Rolls-Royces
  • 20 Koenigseggs
  • 47 Lamborghinis
  • 5 McLaren F1s including both black LM models
  • 3 Cizeta-Moroder V16T
  • 10 out of 77 made Aston Martin One-77s
  • Die enigste right hand drive Mercedez CLK-GTR in die wêreld
  • TOTALE aantal karre = 3,670

My gevolgtrekking is dat Brunei om die minste te sê ‘n baie unieke land is.  Dit klink of die mense vriendelik is omdat dit konstant ongelooflik goed gaan met hulle, en omdat daar na hulle gekyk word deur een van die rykste mense ooit.  Ek moet bysê dat ek dink hy te veel geld het, en belaglik spandabelrig is.  Ek meen, wat op gotsaarde wil jy maak met 3,670 karre?  Hoekom moet jy duisende kamers in jou paleis hê?  Deel bietjie daai fortuin jou erfgenaam!  Dis al wat hy op die ou end is, iemand wie grootgeword het met ‘n goue lepel in die mond.  Letterlik.

By the way, mense van Brunei word Brunaaiers genoem.

Nou ja toe, laat ek maar weer vir my salarissie verder werk.

 

 

 

 

You may also like...

2 Responses

  1. pisgesig says:

    Crazy sheet. Die lewe is verseker nie regverdig nie – gee my net een rolls en ek kan probably aftree.

  1. October 21, 2014

    […] en vakansie.  Ook met warm weer en die reuk van sonbrandmiddel en cocktails.  Hierdie week se gevaaalik.com Wêreldspektrum gaan oor die Cayman Islands.  Meeste mense het al gehoor van die Cayman Eilande en die lekker […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *