Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: Die Cayman Eilande

Lyk my ek het ‘n obsessie met eilande, duik, kuier en vakansie.  Ook met warm weer en die reuk van sonbrandmiddel en cocktails.  Hierdie week se gevaaalik.com Wêreldspektrum gaan oor die Cayman Islands.  Meeste mense het al gehoor van die Cayman Eilande en die lekker heersende belastingsituasie, maar kom ons leer bietjie meer.

Caymanmap

‘n Kaart van die Cayman Islands

 

Die Cayman Eilande is suid van Cuba en Wes van Jamaica.  Dit lê 480 myl suid van Miami, Florida en bestaan uit 3 eilande:  Grand Cayman, Little Cayman en Cayman Brac (ingeval jy nie op die kaart hierbo kon sien nie).  Die weer is lekker tropies, die water is warm en mens kan moerse lekker daar duik.  Die viz (visibility) lyk ongelooflik!

Seaworld observer

‘n Duik rondom ‘n glass bottom boot. Hierdie ou het obviously gekots, dis al wanneer daar so baie vissies rondom jou is.

Diving2

Iemand wat ‘n Groen Moray Eel probeer force feed. Wat ‘n douche.

See1

Kristalhelder water.

Stingraycity

Stingray City. Ongelooflik.

Die eilande is ontdek deur ‘n meneer Christopher Columbus.  Hy het die eilande aanvanklik “Las Tortugas” genoem omdat hy verskriklik baie seeskilpaaie gesien het toe hy daar aankom.  Hy het dit later vernoem na die Cayman krokodille op die eiland.

Die Caymans behoort aan Brittanje.  Die baas van die plaas, of eiland, is die Goewerneur, aangestel deur die Koningin van Engeland.  Tans is dit Duncan Taylor.  Die Cayman Eilande se populasie is rofweg 55,000 mense – dis seker min of meer hoeveel mense in The Reeds (Warriets vir inwoners) bly, en ek is seker hulle is heelwat minder zef.  Die hoofstad is Georgetown en daar bly 35,000 mense.  Hulle het hul eie geldeenheid, naamlik die Cayman Islands Dollar (CI$).  Genoeg van die boring stuff.

Dit lyk vir my asof daar moerse parties gehou word.  Seker te verwagte as mens op ‘n tropiese paradys bly waar jy geen inkomstebelasting betaal nie.  Daai is wel invoerbelasting, en sekere luxury items word belas teen 5%.  Dit is ‘n unieke land, aangesien 55% van die totale ekonomie behoort aan die banke.  Vir so ‘n klein land het hulle ongelooflik baie banke.  In Julie 2008 was daar 279 banke.  Die oorgrote meerderheid van hulle (260) mag net internasionaal handeldryf.  Behalwe vir die 55% van die ekonomiese inkomste sorg die banke ook vir 36% van alle aanstellings in die land, asook 40% van alle staatsinkomste.

beach-party

‘n Beach/water party. Lyk AWESOME.

Lyk of alles in die Caymans lekker gaan.  Hulle reik werkspermitte uit aan enigiemand wat wil werk, so daar is scope om vir lank te gaan kuier!  Ek dink ek mag dalk net oplees daarop.  O ja, jy mag nie syphilis, HIV of ‘n kriminele rekord hê nie.  Hulle het nie tyd vir sulke kak nie.  Hier is ‘n video oor ‘n duik in die Caymans, enjoy.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *