Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum – Andorra

Ek het vir Stix genader oor die content op gevaaalik.com – ons cater grootendeels vir Afrikaners, dus gee ons om oor julle outjies.  Te pragtig.  Dus het ek gedink ons moet julle bietjie inlig oor dinge wat in die wêreld aangaan sodat julle nie so onnosel soos die Amerikaners in die volgende clip lyk wanneer julle iets gevra word nie:

Skokkend dat een van die wêreld se mees magtige lande bewoon word deur sulke imbisiele, ne?  Ek het op ‘n website afgekom wat die 257 lande in die wêreld lys, waarvan slegs 191 nie tans in dispute is nie.  Kom ons raak nie tegnies nie, laat ek julle gou inlig oor ‘n snaakse land.

LAND 1:  ANDORRA

Waar?

Andorra close-upAndorra

Interessante feite oor Andorra:

1.  Andorra word regeer deur 2 prinse – Die huidige President van Frankryk (tans Francois Hollande), en dan die Biskop van Urgell in Spanje (Joan Enric Vives i Sicilia).

2.  Daar is geen Nationale Bank nie, dus is daar geen Nationale skuld nie.

3.  Geen belasting.  Geen regering wat jou hardverdiende geld net vat nie.  Klink na ‘n wenner van ‘n land.

4.  Andorra het die 9de hoogste per capita inkomste ter wêreld teen $ 53,383 per capita.  So rofweg R 584,010 per capita.  Not fuckin’ bad sou ek sê.

Vlag

Andorra se vlag, met obvious Franse en Spaanse invloede.  Laat mens bietjie dink aan die Oranje, Blanje Blou en sy invloede.

Right that’s a wrap.  As jy al van Andorra gehoor het, wel gedaan.  As jy nie het nie, daar het jy iets geleer en laat weet gerus as jy van nog sulke plekke wil hoor.  By die volgende braai kan jy nou een van jou vriende wat nie gevaaalik.com lees nie soos ‘n idioot laat lyk as gevolg van sy tekort aan kennis oor Aardrykskunde en Andorra, soos byvoorbeeld “Ja man fok, ANDORRA! Daai land met die twee prinse wat outomaties die huidige President van Frankryk, Francois Hollande, en natuulik die huidige Biskop van Urgell, Joan Enric Vives i Sicilia is… Met die 9de hoogste per capita inkomste ter wêreld?  Geen belasting?  Geen Nasionale Bank?  Nee wat, jy moet begin lees.  Begin sommer by gevaaalik.com.”

You may also like...

1 Response

  1. September 23, 2014

    […] gesteel is deur een of ander fokken nerf het ek besluit om vir vandag se (en die tweede ooit) gevaaalik.com Wêreldspektrum 'n baie cool land te kies.  'n Land wat gemaak is vir ontspanningsaktiwiteite, want mens kan niks […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *