Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nasionale Braaidag Verjaarsdag Party en Stoute Boudjies

Wat maak jy op Nasional Braaidag? Ek sal jou sommer sê wat gaan jy wil maak: Jy gaan wil bier drink, jy gaan ‘n braaivleisie wil tand en jy gaan lekker wil kuier saam met vriende. Dit is hoekom ons besluit het om ons verjaarsdag party sommer op Nasionale Braaidag te hou, 24 September 2014 by Capital Craft in Pretoria.

Die details:

Ons skop die dag af met ‘n breakfast-bier teen 10:30. Ons gaan onmiddelik begin om free bier uit te deel vir die eerste 30 gevaaalik.com fans wat opdaag en vir ons hulle tweet wys waar jy vir @capitalcraft en @gevaaalikdotcom metion saam met die hashtag #GevaaalikBDAY. Maklik, vind my, wys my jou tweet op jou foon en ek tap vir jou ‘n bier uit die keg.

Dit is nogsteeds Nasionale Braaidag

Net oor jy by Capital Craft gaan wees beteken nie dat jy nie gaan kan ‘n braaivleisie tand nie. Ons gaan more die specials aankondig, maar ek kan julle solank sê dat Capital Craft ouens daar gaan hê om jou boerewors/vleisie vir jou te braai. Dit is immers Nasionale Braaidag!

Kom vier ons verjaardsga saam met ons, kom drink ‘n bier of tweet saam met ons, kom geniet Nasional Braaidag saam met ons. Ek sal more an die nitty-gritty details vir julle hê in ‘n volledige post oor die gevaaalik.com Birthday Bash by Capital Craft.

Vir nou, geniet die Stoute Boudjies.

Stoute Boudjies 20140917 (8)

Stoute Boudjies 20140917 (7)

Stoute Boudjies 20140917

Stoute Boudjies 20140917

Stoute Boudjies 20140917 (3)

Stoute Boudjies 20140917 (4)

Stoute Boudjies 20140917 (5)

Stoute Boudjies 20140917 (6)

Stoute Boudjies 20140917 (9)

Stoute Boudjies 20140917 (2)

You may also like...

2 Responses

  1. September 18, 2014

    […] jy die aankondiging van die gevaaalik.com Birthday Bash by Capital Craft op Nasionale Braaidag gemis het, loer sommer nou na gister se Stoute Boudjies. Ek skarrel om die volledige post bymekaar […]

  2. September 23, 2014

    […] Nasionale Braaidag is vir elke Suid-Afrikaner 'n big deal. Dit is die een dag 'n jaar waar jy afkry by die werk net om te braai. Vir ons hier by gevaaalik.com is dit ook 'n groot dag vir meer as net die braai. Dit is ook die dag wat ons gevaaalik.com se verjaarsdag gaan vier/vuur. Eintlik is gevaaalik.com se verjaarsdag op 9 September, maar die gevaaalik.com crew het op Nasionale Braaidag die eerste keer die idee gekry vir gevaaalik.com. Die res is fokken geskiedenis. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *