Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum – Bassas da India, die duikparadys

Nadat my foon gister gesteel is deur een of ander fokken nerf het ek besluit om vir vandag se (en die tweede ooit) gevaaalik.com Wêreldspektrum ‘n baie cool land te kies.  ‘n Land wat gemaak is vir ontspanningsaktiwiteite, want mens kan niks anders daar doen as duik, snorkel, visvang of rondry op ‘n boot nie.  Of ‘n kombinasie van hierdie aktiwiteite gekomplimenteer deur bier en musiek indien moontlik.  Ek het nog nooit gehoor van hierdie land nie, maar kyk bietjie hoe lyk Bassas da India:

Bassas da India 2

Bassas-da-India[1]

 

Bassas da India lê in die Mosabiek-kanaal, basies halfpad tussen Mosambiek en Madagaskar.  Dit is ‘n eiland wat behoort aan Frankryk vir een of ander rede, en hulle is nogals vol nonsens wanneer dit kom by kwessies rondom die eiland.  Mens kort ‘n permit om die eiland te besoek, maar ek reken ek sou die kans vat as ek scuba toerusting en ‘n boot gehad het.

Die eiland se populasie is NUL, want daar is nie regtig plek om enigiets te bou nie.  Die gedeelte van die eiland wat droog is, is vir 3 ure voor en na hooggety onder water.  Dit is eintlik die bokant van ‘n oeroue vulkaan wat 3000m vanaf die oseaanvloer opreis.  Fokken impressive as jy my vra.  Epic in fact.  Die sirkel wat jy sien is 10km in deursnee en 23km in omtrek.  Alles wat jy kan sien is koraalrif wat nog nie deur mense verwoes is nie, so die duik en visvang geleentheid is vanselfsprekend.  Ek lees dat party mense (of “hulle” so0s ons “hulle” ken) reken dit is die beste scuba duik spot in die wêreld, so as jy ‘n boot het en weet wat jy doen, gaan kuier gerus.  Fok die Franse.

Bassas da India se vlag, note die Franse influence

Ek sal volgende week nog ‘n post doen in die gees van duik en vakansie oor Europa Island.  Net ‘n entjie Suid-Oos van Bassas da India af en daar is diere- en menselewe.  Klink ideaal vir ‘n kick ass vakansie!

Kyk die video van Bassas da India sodat jy kan besef hoe nice dit is om in ‘n kantoor te sit:

As jy gatvol is vir die kantoor lewe, kom duik saam met ons in Oktober. Ons leer van scratch af en jy kan ook.

You may also like...

1 Response

  1. September 30, 2014

    […] spots ter wêreld te wees!  Nie 'n slegte opsie om dan hierheen te gaan en 'n dagtrippie te maak Bassas da India toe […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *