Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Fashion Tips

Hier by gevaaalik.com is ons nie regtig groot op fashion nie. Ek dra meeste van die tyd net wat vir my gemaklik is. Gewoonlik is dit ‘n jean, t-shirt en All Stars. Soms ‘n kortbroek, t-shirt en plakkies. Daar is wel goed wat ek nie kan verstaan nie. Hier is so paar fashion tips vir julle.

Goue chains

Hierdie een is maklik. As jy in die mafia is dan verstaan mense hoekom jy ‘n goue chain om jou nek dra. As jy nie in die mafia is nie dan dink almal net jy is bang iemand steel jou nek en daarom maak jy hom vas met ‘n chain. Jy is tien teen een nie ‘n pimp nie en jy is verseker nie so cool soos wat jy dink nie, so raak ontslae van jou goue chain wat jy om jou nek dra.

Die foto hier bo is ‘n goeie voorbeeld van hoe jy lyk met ‘n goue chain om jou nek. Verbasend ne? Baie minder in die cool category en baie meer in die douchebag category.

Tapout hemde

Ek het niks teen MMA of die UFC nie. In fact, dit is die sport wat ek die meeste geniet deesdae. Ek gaan Jui Jitsu begin doen nou en gaan dus tyd in ‘n MMA gym spandeer. Jy sal my nogsteeds nie in ‘n Tapout hemp sien nie. Die hoof rede hiervoor sal wees dat meeste ouens wat Tapout hemde dra heel tuis sal wees in ‘n Mr. Price Powerhouse hemp, want hulle is tappit.

Gaan vat nou elke Tapout hemp wat jy besit en brand elke een van hulle. Jy doen jouself en die res van ons ‘n groot guns. Hel, jou boyfriend sal jou dalk nie meer vra om uit te tap terwyl hy jou vas druk op die bed nie as jy ontslae raak van jou Tappit Tapout hemde.

Jou jean hang op jou knieë

Ons almal het dit al gesien en meeste mense wat enigsins bietjie kan dink vir hulself dink dit lyk vertraag. Jou broek is veronderstel om op jou heupe te sit, nie op jou bobene nie. As ‘n general rule of thumb as jou belt buckle of die waist van jou broek laer as jou ballas sit dan sit jou broek heeltemal te laag.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek weet hoe moeilik dit kan wees om ‘n broek te kry wat pas om my heupe en nogsteeds lank genoeg is. Maar gelukkig het iemand lank terug al gedink aan ‘n belt vir presies daardie rede. So trek jou broek op jou naai! Jy smeek dat mense jou broek aftrek tot op jou enkels en jou dan omstamp. Ek dink almal moet dit net van nou af doen as hulle iemand sien wie se broek te laag sit.

You may also like...

3 Responses

  1. January 29, 2013

    […] Celeste, want ek is 'n fokken nice ou. O, en al like ek MMA en die UFC sal jy my nogsteeds nie in Tapout t-hemp sien nie, nooit […]

  2. March 26, 2013

    […] wat ook gym en my sekerlik in die helfde kan breek. Die verskil tussen my vriende wat gym en douchebags wat gym, is dat my vriende nie hulle lewens haat […]

  3. August 12, 2013

    […] moet seker noem dat saam met die agressie vlak het daar ook meer Johannesburger/Souties gekom wat rondloop in wessies of hemde sonder moue. Rustig nou, ek sê nie hulle is die wat die […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *