Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Do you even lift bro? Pomp jy ysters bra?

Een ding wat ek vroeg in my hoërskool loopbaan geleer het is dat ouens wat gym nie daarvan hou as jy nie ‘n fok omgee dat hulle gym nie. ‘n Ander ding wat ek baie vinnig geleer het is: “As jy hom nie kan maak huil met jou woorde voor hy by jou uitkom nie, gaan hy jou vrek maak.” Dit is my klug, ek is nie groot gebou nie. Ek is lank, maar ek is maerder as wat ek lank is. Dit is immers hoekom mense my Stix noem.

Do you even lift?

Die enigste manier hoe ek myself kon verdeding (teen ouens wat gewoonlik amper dubbel geweeg het wat ek geweeg het) was deur te praat. Of dit nou was myself uit die fight uit praat en of dit was om die spiertier* te laat probeer dink oor iets en dan brand sy brein uit. Steriods fok met jou brein, dit maak jou agresief. Steriods maak ook dat jou eiers ophou werk en dan krimp jou tottie.

Die ou hier onder het besluit om so paar ouens te vra of hulle gym. Gewoonlik vra hy ouens wat jy kan sien gym. Die nicer ouens challenge hom net tot ‘n lifting kompetisie. Die ouens wat se hele lewe gebaseer is op die hoeveelheid centimeters van die omtrek van sy arm, reageer gewoonlik anders.

Die video is vir my fokken snaaks. As iemand vir jou sê jy is nie sterk nie, bewys hom verkeerd deur een van jou vet vriende bo jou kop op te tel. Dit sal baie meer impressive wees as om ‘n ou wat helfde van jou size is te slaan.

*Ek het niks teen mense wat gym of groot arms wil hê nie. Infact, die feit dat jy oefen is fokken goed vir jou. Ek het vriende wat ook gym en my sekerlik in die helfde kan breek. Die verskil tussen my vriende wat gym en douchebags wat gym, is dat my vriende nie hulle lewens haat nie.

Dankie Philip wat die video vir my gestuur het.

You may also like...

1 Response

  1. April 16, 2013

    […] sonder moue rondloop in die publiek om daardie spiere af te show. Ek het so paar ouens gevra: "Do you even lift bro?" maar het 'n standaar blank stare terug gekry van meeste van hulle af. Sommige ouens het net begin […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *