Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

System of a Down – Toxicity

System of a Down is een van die bands wat ek onlangs weer baie na begin luister het. Ek was lucky genoeg om hulle live te sien toe ek in Engeland was. Baie mense het nie van Mezmerize/Hypnotize (hulle laaste ablums wat eintlik ‘n double album was) gehou nie. Darron Malakian het baie van die vocal responsibility gedeel met Serj Tankian op die double album. Ek het daarvan gehou. Ek het Mezmerize/Hypnotize oor en oor geluister.

System of a Down

Toe System of a Down op ‘n hiatus gegaan het in 2006 was ek sad. Die goeie nuus was dat twee nuwe acts ontstaan het uit die haitus, Scars on Broadway (Met Darren Malakian en John Dolmayan) en Serj Tankian se solo projek. Altwee het hulle sterk punte gehad met ‘n duidelike System of a Down feel aan die musiek, maar dit was nogsteeds net nie vir my so goed soos SOAD nie.

Die goeie nuus is dat die band weer saam begin toer het in 2011. Blykbaar was ek nie die enigste een wat gedink het Darren en Serj is beter saam as wat hulle appart is. System of a Down toer nou al weer saam vir meer as ‘n jaar. Die groot vraag is nou wanner kry ons ‘n nuwe System of a Down album? Serji het die volgende te sê gehad in Augustus van die jaar oor ‘n nuwe album:

“[We haven’t] really discussed another record as of now with any of the guys, when it’s the right time, it’ll materialize, like everything else in the universe”

As ek moet raai sal ek sê dit is tyd en die ouens gaan in 2013 miskien vir ons ‘n nuwe album hê. Ek hoop hulle bly by die angry protest musiek waarvoor hulle so bekend is.

You may also like...

3 Responses

  1. PappaG says:

    Mal, mal, absolute MAL stukke hierdie band, hoor!
    Mens kan maar net hoop & bid ons kry eendag hulle ook te sien op SA grond.

  2. Stix says:

    Ja bra, kom ons hou maar duim vas.

  1. October 22, 2012

    […] Malakian is 'n ongelooflike songwriter, hy het dit al baie duidelik gemaak in elke System of a Down album, en sy ongelooflike songwriting abilities trek 100% deur na die Scars on Broadway album. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *