Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Far Cry 3

Van more af is Far Cry 3 beskikbaar in Suid-Afrika. En van die reviews wat ek sover gelees het is dit tans die lekkerste first person shooter/ sandbox game wat jy kan speel. Far Cry 2 was ‘n cool game, al het dit soms effens langdradig geword. Far Cry 2 het selfs ouens in gehad wat Afrikaans praat. Die keer speel die Far Cry avontuur af op ‘n torpiese eiland.

Die trailer hier onder is lank maar dit verduidelik al die vyner punte van die game. Far Cry 3 word beskryf as “Skyrim with guns”, so as jy al Skyrim gespeel het dan sal die nogal baie sê. As ek so kyk na die trailer lyk dit asof die game ‘n groot deel van my af tyd gaan opneem in die nabye toekoms. Die feit dat jy out posts moet oorneem om die map te expand klink vir my great.

Far Cry 3 is natuurlik oorlaai met wapens. Alles van pistole na assault rifles en sniper rifles. Of as jy meer van goed hou wat ontplof is daar RPG’s en C4. Lekker, wat meer kan ‘n killing spree nou kort? Daar is ook wanted posters vir die wat bietjie bounty hunter wil speel. Of as jy wil jag, kan jy dit ook doen. Daar is 40 verskillende diere in Far Cry 3, pasop net vir die diere wat jou kan vermoor, soos die tiere. Enige dier wat jy dood maak kan jy skin en dan die velle gebruik om nog wapens en ammunisie te kry. Jy kry XP soos jy deur die game vorder om te gebruik om skills te leer en crafts te doen.

As jy dink jy wil Far Cry 3 koop, stel ek voor jy koop dit deur kalahari.com. Hulle het op die stadium free delivery aan die gang. Ek koop meeste van my games deur kalahari.com, dan word dit sommer by my kantoor afgelewer. Jy kan natuurlik jou pakkies by jou huis ook laat aflewer. Wie die fok wil nou in ieder geval jou dag mors deur na ‘n winkel toe te ry as jy dit net afgelewer kan kry by jou huis of werk.

Far Cry 3 is beskikbaar op Xbox 360, Playstation 3 en PC. Check die trailer wat alles beter verduidelik as wat ek kan hier onder.

Dankie aan die wat goed koop op kalahari.com deur die links en advertensies op gevaaalik.com. Ons kry ‘n klein commission vir elke ding wat jy koop, so deur daar te koop ondersteun jy ook vir gevaaalik.com.

You may also like...

1 Response

  1. January 24, 2013

    […] 24Jan/130 […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *