Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Betaal ons te veel vir ons smartphones?

TL;DR: Ek het ‘n bekostigbare smartphone gesoek. Die Redmi Note 3 was vir my gegee as oplossing en die foon kos net R3799 en ek verstaan nie hoekom nie.

R17 499. Dit is nie net die prys van ‘n baie lekker TV, met ‘n Xbox One en ‘n 5.1 Digital Surround Soundbar nie, dit is ook wat ‘n iPhone 7 Plus jou sal kos as jy hom kontant koop. R779 ‘n maand vir 24 maande as jy nie al die geld op een slag kan neersit nie, maar dan het jy net 10 gig se data vir die twee jaar.

affordable-smartphone-redmi-note-3

Is dit net ek, of betaal ons te veel vir smartphones?

Toe ek die dag my Samsung Galaxy S4 laat val het en die skerm heeltemal gebreek het, het ek besluit om te begin soek vir ‘n nuwe foon. My Galaxy s4 was al drie jaar oud teen daardie tyd. Maar daar was nie ‘n manier wat ek weer ‘n kontrak kry nie, en ek gaan verseker nie ‘n paar maande se karpaaiement betaal vir ‘n foon nie. Dit het ‘n paar maande se rondsoek gevat, maar op die ou eindehet ek vir my die Google Nexus 5X gekry. ‘n Ongelooflike goeie foon, maar wat net R5415 gekos het. Aansienlik minder as wat die beste Samsung, iPhone, Huawei of ander smartphone make op daardie stadium gekos het.

Toe ek ‘n tweede foon wil kry sodat gevaaalik.com lesers foto’s kan stuur deur WhatsApp om gepost te word op die site, wou ek verseker weer met so klein budget as moontlik werk. Ek wou ‘n bekostigbare foon hê, wat ek steeds sou kon by bly met alles wat ons deesdae op ons fone doen.

Die Redmi Note 3 is die ultimate affordable smartphone

Ek is al ‘n rukkie bewus van Xiaomi. Hulle het in net 3 jaar die nommer 5 mees gebruikde smartphone brand in die wêreld geword. Lei Jun is die CEO en hulle noem hom die “Chinese Steve Jobs”. Xiaomi het selfs ‘n Guiness World Record gestel toe hulle 2.1 miljoen fone verkoop het in net 12 ure. Hulle het ‘n ruk terug ‘n laptop vrygelaat in China wat complete met die Macbook Air, en dit is waar hulle regtig my aandag gegryp het, want die laptop is aansienlik goedkoper as enige Macbook Air. Dan is daar ook hulle msart-TVs, but I digress.

Xiaomi het my gekontak en hulle het gesê hulle is bereid om my ‘n Redmi Note 3 te gee om my “gevaaalik.com foon” probleem op te los maar teen die bekostigbare prys van R3799. Jip, nie eers R4000 nie (R3699 as jy hom nou deur takealot.com koop) vir ‘n smartphone wat alles het wat ek nodig het.

redmi-note-3-south-africa

Ek gebruik die Redmi Note 3 nou al vir 3 weke en hier is wat ek dink.

Wat het die Redmi Note 3?

Snapdragon 650 1.8Ghz CPU

Die Hexa-core 1.8GHz Snapdragon 650 CPU is een van die top 10 smartphone processors wat tans beskikbaar is. Dit is miskien nie die vinnigste processor wat daar is nie, maar dit het alles hanteer wat ek sover na hom toe gegooi het. WhatsApp, bel, Email, Video opneem (1080p HD), Audio opneem (die gevaaalik.comedy Podcast word meestal met ‘n foon record), Browse, Social Media, YouTube, Netflix en foto’s neem. Nog nie een keer het die foon gecrash of gehak nie. Of jy dus soos ek Halo matches op YouTube kyk terwyl jy in die bed lê, en of jy jou volgende YouTube video wil maak, die Snapdragon 650 processor kan dit handle.

Dual-SIM gereed beteken die beste data pryse

Ek soek nie SMSe nie. Ek bel ook nie regtig baie nie, R100 ‘n maand se airtime is meer as genoeg vir my (dankie Skype calls). Wat ek kort op my foon is data. Vodacom en MTN se data pryse is belaglik, selfs al teken jy ‘n twee jaar kontrak. Afrihost het van die beste data pryse en jy het nie ‘n 24 maand kontrak nie, 30 dae kennis en jy is weg. ‘n Afrihost SIM-kaart is dus die manier om te beweeg, maar ek wil steeds my stupid MTN nommer hou. Gelukkig het die Redmi Note 3 Dual-SIM capabilities. Dus het ek steeds my ou nommer, maar my data kan ek kry by wieookal die goedkoopste is. Die foon is ‘n 4G/LTE foon en dus kan jy blitsvinnge data op jou foon hê.

Nou hoef ek nie soos ‘n tool met twee fone rond te loop nie. Ek het vinnig vinnig met die hulp van Google uitgewerk hoe om twee WhatsApp accounts van ‘n Dual-SIM foon af te gebruik. Jy kort net ‘n app met die naam Parallel Space. En wanneer ek bel kan ek net kies watter SIM-kaart die bel werk moet doen. Dit is so eenvoudig, ek kan nie verstaan hoekom het meeste fone nie Dual-SIM in nie. Dit mag dalk net wees waarvan ek die meeste hou van die foon, behalwe die prys.

Vermaak kyk en maak met die kamera en skerm

Die skerm is 5.5″ Full HD Display (1920 x 1080 resolution) 400PPI. Dus kan ek YouTube en Netflix kyk in full HD, maklik. My foon is nie net die ding waarmee ek soms werk nie, maar ook iets waar ek my vermaak vandaan kry. Of ek nou lees (eBooks of websites) en of ek video kyk, die skerm kan dit vir my beter wys as wat my “ek dra ‘n bril oë” dit ooit vir my sal kan wys.

Die kamera is ‘n Sony 16MP kamera en kom met al die fancy video (Full HD video), slow-mo en goed wat jy deesdae verwag om te kry van ‘n smartphone kamera af. Jy sal maklik die foto van die snaakse ding wat jy gesien het in China Mall kan afneem en vir gevaaalik.com stuur met WhatsApp of Email, of net so maklik jou foto op Instagram post. As jy ‘n selfie mens is dan kan jy maklik die kamera voor op die Redmi Note 3 gebruik wat 5MP is. Ek is nie ‘n fan van selfies nie.

Battery, Fingerprint sensor en storage

Dit Redmi Note 3 het ‘n 4000 mAh battery, waar my Google Nexus 5X net ‘n 2700mAh battery gehad het. Die Redmi Note 3 se battery hou langer as wat my Google foon se battery gehou het, natuurlik hang dit maar alles af van verbruik. My Google moes daagliks gecharge word, met die Redmi Note 3 charge ek net elke tweede dag. Jy kan ook die Redmi Note 3 gebruik om in ‘n noodgeval ‘n ander device ‘n bietjie van ‘n charge te gee deur die USB 2.0 kabel wat aan die foon connect.

Daar is ‘n fingerprint sensor agter op die Redmi Note 3, wat handig is as jy vinnig en maklik jou foon wil unlock met een van jou vingers wat nie jou duim is nie. Wanneer jy ‘n foon werk met jou twee duime (dit is hoe ek dit doen) dan is jou wysvingers presies waar hulle moet wees om die fingerprint sensor te haal. Jy kan selfs die fingerprint sensor gebruik om jou selfies te neem.

Ongelukkig is daar net 16GB in die Redmi Note 3, en daarop kan nie expand word nie. Dit is die enigste negative vir my van die foon. Tog as jy nie so podcast-whore is soos ek nie, en jy gebruik cloud backup vir jou foto’s dan kan jy maklik vergeet van die 16GB storage probleem. Veral as jy kyk na die prys van die foon. Deesdae stream mens ook musiek van jou foon af, so jy hoef nie storage spasie te gebruik vir jou mp3s nie.

Gebruik en ontwerp

Die foon gebruik Android saam met Xiaomi se eie OS, MIUI. Ek het juis beweeg na ‘n Google foon om ‘n clean version van Android te kry, want Samsung se bloatware het my ongelooflik afgepis. Met MIUI het ek vir my dadelik ‘n theme gekry wat werk en lyk soos Android Nougat en ek kon nie meer gelukkig wees nie. Die Android version op die Redmi Note 3 is Marshmallow. Dit voel asof ek my Google foon gebruik, en dit is great. Jy kan ook themes kry om dit te laat lyk presies soos die iPhone OS as jy wil, en alles sover was glad en vinnig.

Die foon self is ook nie lelik nie. Die enigste kleur tans beskikbaar in Suid-Afrika is die goud, maar jy gaan tien teen een jou foon in ‘n cover sit, gaan jy nie? Dit is ‘n aluminum case en die foon voel solid. Die skerm is effens groter as wat my vorige foon sin was, en al die knoppies (volume, power, menu, back ens.) is waar jy sou verwag hulle moet wees. Die foon word in dieselfde fabriek gemaak as wat die iPhone gemaak word.

Is meeste smartphones overpriced?

Ek dink ons word geskroef moet selfoon pryse, en asof dit nie erg genoeg is nie vervang ons die goed elke twee jaar met nog ‘n duurder foon. Vir die prys van een iPhone 7 kan jy vir jou vier Redmi Note 3 fone kry. Of koop net vir jou een en gebruik hom vir so lank as wat jy kan. Met die ander R13 000 wat jy oor het kan jy vir jou ‘n fancy nuwe laptop koop om saam met jou foon te gaan.

Wat dink jy? Data en smartphone pryse is besig om te val in Suid-Afrika oor daar nuwe kompitisie is soos Xiaomi en Afrihost. Laat weet of jy dink ons word geskroef met smartphone pryse hier onder in die comments.

You may also like...

8 Responses

  1. Paul says:

    Ek rock nou nog my S4. Ek het nog geen feature op ‘n nuwe foon gesien wat my laat voel ek mis uit nie.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Paul: Presies, mens hoef nie altyd die nuutste smartphone te hê nie. My S4 was ook nog fine, maar ek moet erken dat ek die Samsung bloatware haat. Hulle maak Android ‘n mislukke ding om te gebruik, wanneer dit eintlik die beste OS vir smartphones is. As dit kom by die OS wen die Redmi Note 3 los hande vir my elke liewe Samsung.

  3. Pietman says:

    Die Huawei P8 lite is ook glad nie n kak foon nie en prys is lekker bekostigbaar. Samsung is moer overrated en die iPhone nog meer.

  4. PieterPielie says:

    Ongelukkig het ons ‘n “status-kultuur” in RSA. Almal wil beter wees as die volgende ou. Mense sal ‘n BMW koop en fancy klere, maar by die huis sal hy op kratte sit en pap uit ‘n blikbord eet. Net sodat almal moet dink hy het geld.
    Dis fucked up. Dis fine om duur shit te koop, maar doen dit as jy geld oor het nadat jou skuld afbetaal is en jy genoeg voorsiening gemaak het vir jou aftrede. Prioriteite…..

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Pietman: Ek stem saam, Samsung en iPhone is vreeslik overrated.

  1. November 28, 2016

    […] Na 3 weke met die Redmi Note 3 moet ons vra: “Betaal ons te veel vir ons smartphones?” […]

  2. November 28, 2016

    […] As jy begin kyk na die pryse van smartphones dan moet jy vra: “Betaal ons te veel vir ons smartphones?” […]

  3. December 8, 2016

    […] die video gaan ek na ‘n Xiaomi event toe en dan besoek ek die ouens van Friar’s Habit by hulle brouery om te kyk hoe hulle […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *