Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Spartacus neem wraak in seisoen 2

‘n Paar maande gelede het gevaaalik.com vir jou die eerste trailer van Spartacus: Vengeance gebring. Met nog swaarde, seks, gevaaalike dames, bloed en boobs sluit Vengeance direk aan by die eerste reeks, Spartacus: Blood and Sand. Dit is die derde reeks in die epic gladiator-drama. (Spartacus: Gods of the Arena was ‘n prequel.) Vengeance begin 27 Januarie in Amerika.

Spartacus: Vengeance

Daar is ‘n paar veranderinge in die line-up van die show. Andy Whitfield, wat die hoofrol in Blood and Sand vertolk het, het ‘n paar maande gelede sy stryd teen kanker verloor, en die karakter sal voorts vertolk word deur Liam McIntyre. Ook Lesley-Ann Brandt, die Suid-Afrikaansgebore aktrise wat die rol van die slavin Naevia (love interest van Crixus) vertolk het, sal nie te sien wees in Vengeance nie, en die rol sal nou gevul word deur Cynthia Addai-Robinson.

Hier in SA is ons nou nie gelukkig genoeg dat dié reeks al te siene sal wees op die televisie nie, maar ons is seker Suid-Afrikaanse fans sal die nuutste episodes op een of ander manier in die hande kry. Blykbaar is daar iets soos “torrents” waardeur mens die episodes kan kry. Ons hier by gevaaalik.com weet natuurlik niks van sulke fokken skelm agterbaksheid nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *