Ek soek Simpsons Lego
Ek is nogaltyd ‘n fan van The Simpsons. Selfs al het my ouers my nie toegelaat om dit te kyk toe ek nog op skool was nie. Ek is ook nogaltyd ‘n fan van Lego en gelukkig het my ouers my toegelaat om met Lego te speel. Nou word die twee gunsteling saam gesit en ons kry die eerste The Simpson Lego. Dit gaan jou $199 kos vir die stelletjie, so die kanse is goed dat ek dit nie sal kry nie. R2000 vir Lego is bietjie baie. Daar is die gene wat glo dat die Lego eendag baie geld werd sal wees. So miskien as jy iets vreemd soek om in te belê, kry vir jou so stel.
Sal jy The Simpson Lego koop teen $199?

1 Response
[…] het klein Lego mannetjies gevat, hulle bene genadelooslik afgebreek en dit vervang met ander LEGO parte. Ta-dah; […]