Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

5 TV Reekse wat jy moet kyk in 2016

Die age van die internet is ongelooflik cool. Goed soos Netflix en Hulu is letterlik besig om die manier hoe ons TV kyk te verander. Die dae van 19:30 voor die kassie moet wees elke Donderdag, net om jou gunsteling TV program te kyk, is verby. Deesdae kyk jy wat jy wil, wanneer jy wil en moet goed soos Netflix kry jy die hele season sommer one time.

Netflix gaan die jaar beskikbaar wees in Suid-Afrika en ek glo Hulu sal volg, dan ook HBO Go. Om te sê dat Multichoice/DSTV besig is om hulself te bekak is ‘n understatement. Multichoice probeer hard om Netflix te pootjie met Showmax, ongelukkig is die verskydenheid programme op Showmax tos. Showmax sou great gewees het, as ons almal nog 2007 se series wou gekyk het.

Anyway, ek sê: “Bring on die internet streaming! Fok DSTV!” Hier is waarna ek die meeste uitsien in 2016 in terme van TV programme.

F is for Family

F is for Family is die brainchild van comedia Bill Burr, en die series die daglig gesien as ‘n Netflix original series. Dit is ‘n animated series gebaseer op Burr lewe as ‘n kind in die 70’s. Bill Burr doen die stem vir Frank, die pa in die verhaal en as jy hou van lag en bietjie salty humor, dan is F is for Family right up your alley.

F is For Family

F is For Family is al sedert 18 Desember van 2015 beskikbaar op Netflix en jy kan soos met elke ander Netflix series al 6 episodes van season 1 kry op een slag.

https://youtu.be/HFzrvMS6P8g

Billions

Damian Lewis is een van die min gingers wat vriende het. Die rede hiervoor, is dat hy ‘n goeie akteur is wat al in so hele paar cool shows was. Gooi Paul Giamatti in die mix vir ‘n nuwe Showtime series oor wat lyk soos “Wolf of Wall Street” tipe trading, en jy mag dalk net ‘n wenner op jou hande hê. Die show se naam is Billions.

Billions

 

Showtime het lanklaas ‘n goeie series gemaak. Vingers gekruis dat die een so goed is soos wat die trailer dit laat lyk. “What’s the point of having fuck you money, if you never say FUCK YOU.”

The X-Files 2016

Net so rukkie terug het ek The X-Files weer gekyk, sodat ek al die episodes kan check wat ek gemis het as kind toe die show ‘n big deal was. Ek het gewens dat hulle die show weer kon doen, maar met beter special effects, amper soos Fringe. Ja, ek is ‘n fan van weird goed soos aliens en monsters, so ek was baie bly toe ek hoor dat The X-Files ‘n comeback gaan maak in 2016.

The X-files 2016

Mulder (David Duchovny) en Scully (Gillian Anderson) is terug, maar daar is ook ‘n nuwe gesig wat vertolk word deur Joel McHale. McHale is meer ‘n comedy actor, so dit sal interesant wees om hom te sien in die Sci-Fi drama.

Vinyl

HBO is bekend vir hulle uitstekende series: The Sopranos, Game of Thrones, Entourage, Boardwalk Empire en vele meer. Laas toe Martin Scorsese en HBO saam ‘n series gemaak het, het ons Boardwalk Empire gekry. Nou team die great director weer op met HBO om Vinyl te maak. Die reeks wat ons almal gaan laat wens ons het ‘n sex, drug en rock ‘n roll leefstyl gehad, in die dae toe regte musiek nog gemaak is.

Vinyl HBO

Vinyl volg die verhaal van ‘n CBGB’s-era New York City music executive met ‘n coke probleem wat sy record lable probeer red. Mic Jagger is ‘n executive producer op Vinyl, vir wat dit ookal werd is. Wat baie help is dat Olivia Wilde ook ‘n rol het, fokket sy is mooi.

Baskets

Ek gaan eerlik wees met jou: ek weet nie veel van Baskets nie, behlawe dat Zach Galifianakis daarin is en dat dit ‘n FX show is. Na so bietjie ondersoek kan ek jou vertel dat die show gaan oor Galifianakis se karakter wat probeer om ‘n profesionele nar te word.

Baskets

Nog iets wat ek uitgevind het is dat Louis C.K. Baskets ge-co-write het. Ek is ‘n moerse fan van Louie, so ek gaan Baskets ook kyk.

Watter TV Reekse gaan jy kyk in 2016?

Ons almal is altyd opsoek na die nuwe cool TV reekse om te kyk. Weet jy dalk van een wat baie cool is of wat jy reken gaan cool wees? Laat weet ons wat die naam is in die comments hier onder.

You may also like...

5 Responses

  1. Tiaan says:

    Check Mr Robot uit

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Tiaan: Yes, Mr. Robot is baie goed. Het dit net so maand of wat gelede klaar gekyk en was mal daaroor. Hoe die hoofkarakter uitrafel oor die season is fokken goed gedoen.

  3. Tiaan says:

    Lekker Fight Club vibes gehad, selfs met die Where Is My Mind piano cover, ek wonder wie ons Mr Robot gaan wees? Cyber crime is blykbaar die ding wat die moderne wêreld tot sy knieë gaan bring.

    Hopelik

  4. DeWet says:

    Sien meeste uit na The Leftovers season 3 en Penny Dreadful season 3. Beste twee shows op TV vir my huidiglik.

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @DeWet: Het nog nie een van die twee gesien nie. Sal dit bietjie uit check.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *