Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dr. Ruth(less) oor Cyber-sex en effie-loos wees

Dr. Ruth(less) is die week terug en julle sal haar elke Maandag hier te siene kry. Sy het hierdie week twee vrae beantwoord. Los jou vraag onder in die comments en sy sal jou probeer help volgende week. Genoeg kak van my kant af, oor aan Dr. Ruth(less).

Liefste “Die M-Been” en “outjie”,

Ek voel om een of ander rede gaaf vanaand, so ek het besluit om beide julle vrae te beantwoord.

Die M-Been vra: 

Geagte Dr. R.

Jy is klaarblyklik ‘n dame wat down is met die shrinking (sien wat ek daar gedoen het?). Dus nader ek jou oor ‘n probleem wat ek het:

Dit het alles begin toe sy my gekontak het op MySpace. En my opvoeding tot dusver hier in die Pan van Brakke het my glad nie hiervoor voorberei nie. Sy is iemand uit my kinderjare uit (toemaar nes ek is sy ook nie meer ‘n kinders nie so moet asb nie die laaste 1 van 10111 intik op jou foon nie). Ons het so bietjie gechat oor dit en dat, niks snaaks nie. Dit is, tot sy vir my dit baie duidelik gemaak het dat sy vir my fotos wil wys van haar naakde lyfmasjien. Ek gaan nie vir jou jok nie Dr. R, sy is ‘n mooi dame maar hier is waar die probleem inkom.

Sien, sy hou daarvan om Kuber-Intiem te raak (CyberSex soos die Engelsman dit sal noem) en hou veral daarvan om gedomineer te word. Maar in my manbrein is daar net soveel maniere wat jy vir ‘n dame kan se om te vat aan haarself.

Ek is bang sy raak verveeld met die speletjie en het dringend raad nodig oor hoe om vir haar te se om vuil, vuil dinge te doen aan haarself. Help asb Dr. R, jy is my enigste hoop.

Groete,
Die M-Been

Dr. Ruth(less) antwoord: 

Die M-Been, hier is my geleerde opinie oor jou situasie.

MySpace? Dis 2012, seun. Get with the program! Dit daar gelaat. Jou eintlike vraag is “Kan jy asseblief vir my sê hoe ek vir haar kan sê om aan haarself te vat, want as dit kom by vroulike masturbasie is my manbrein gelimit tot standaard vinger, soos op skool agter in die atletiekbus met die ligte af?” Korrek?  Ek sal met liefde vir jou raad gee spesifiek hieroor, maar ek wil graag eers by die begin begin.

Die gevaaalike dame is iemand uit jou kinderjare en julle is tans cyber-sexually active? Waarom dan nie in lewende lywe sexually active raak nie? Cybersex is fan-fokking-tasties op sy tyd, maar net as dit stout bly of as dit tot actual sex gaan lei. As julle dit cyber wil hou omrede jy ‘n girlfriend in die “regte lewe” het – stop dit onmiddellik. Beoefen eerder stoute cyber sex met jou girlfriend. Skep speel-speel profiles en entertain mekaar sexually op die interwebs. Sulke variety en exploration in jou verhouding sal verhoed dat jy ooit jou lubed-up vingertjies op jou komper se klawers hoef te sit vir iemand wat nooit in die “regte lewe” die dinge kan doen wat sy op die interwebs belowe nie. Al sit jy hoe lank op jou hand om hom dood te maak voor jy masturbeer, dit bly jou hand ouboet!

Indien jy nie in die “regte lewe” ‘n girlfriend het nie, groei bietjie ballas en vat die ding met die “back-to-the-future”-skêr verder! Moenie vir haar vertel hoe sy aan haarself moet vat nie, maar eerder hoe JY aan haar wil vat. Reël om haar uit te vat op ‘n “regte lewe” date en maak of jy vergeet het van al die cyber sex. Dit behoort haar gedagtes (ens.) te prikkel. Net as sy dink jy het dalk regtig vergeet, vat met mening aan haar been (hoe hoog jy aan haar been vat gaan afhang of die bus se ligte af is, as jy verstaan wat ek bedoel). Begin haar dan subtiel herinner aan hoe jy aan haar wil vat, waaroor julle gesels het op die interwebs, ens. Toets die water. En moet tog asse-fokken-blief nie die gesprek open met “Onthou jy daai keer toe ek gesê het ek wil jou naai?” nie.

Die derde scenario is dat jy haar glad nie in die “regte lewe” wil gewaar nie. Nul. Niks. Nooit. Nou kan jy laat loop met die walgwoorde wat julle mense van die Pan van Brakke so baie laaik! As die gevaaalike dame so vreeslik baie van cyber sex hou, sal sy jou leiding gee in terme van waarvan sy hou. Go with it. Moenie te veel snaakse sexual cyber moves probeer uitdink nie – veral niks wat jy nog nooit in die “regte lewe” probeer het nie. Jy gaan beslis jou naam gat maak. As jy op ‘n punt kom waar jy nou al net mooi alles waaraan jy kan dink gedoen en gesê het, beweeg aan. Dis die beauty van cyber sex! DELETE. BLOCK. DONE.

Raait, next. “outjie”, lees noukeurig, boetie:

Outjie vra:

Dagse DR. R

Ek sit met so klein probleempie.

my probleempie is die dat ek is ver weg van die provinsie van brannewyn en coke en mooi meisie, asook my eie meisie. Op daardie stadium wat hulle my weg gestuur het,het ek in ‘n gastehuis gebly die niceste meisie was altyd daar om my te help en my te laat dink aan wat ek verlang by huis darem was dar ook die BF wat haar veilig gehou het.

Met die ver vryery het ek nou maar by die local watergat maar gaan kuier en my ding gedoen heel rustig op my eie tot ek een dag die meisie van gastehuis raak kuier en BF loos, what a score. paar kuiers en so later vat ek haar een aand huistoe woeps wats broekies af en gebruik niks rubber nie. akward is ek moet huistoe die volgende dag vir ander dinge en praat met die meisie of sy drm nou pil gaan drink vir ons altwee se bes wil. situasie is nou snaaks sy is stil en vermy die hele event maar ek sit nou hier met dit in my agterkop “wat het ek gemaak”. So vertel my wat moet ek maak en dink.

Die Uwe

Ek

Dr. Ruth(less) antwoord:

Ek dink jy is ‘n enorme mamparra. Ek herinner jou graag aan die vieslike siektes wat mens kan kry as mens “geen rubber” gebruik nie. Google byvoorbeeld “Blue Waffle”. Jy sal nie weer “geen rubber” gebruik nie. Ek belowe jou. Behalwe vir al die siektes, waarvan die “Lang Verkoue” een is, is daar die moontlikheid dat jy die dame op die rug geskop het – dis duidelik wat jou bekommer?  Ek gaan nie doekies omdraai hieroor nie: Jy het opgefok. Grootskaal. Jy klink vir my jonk, so solank as wat hierdie dame nie met jou wil praat nie stel ek voor jy begin elke liewe laaste cent van jou Appie-salaris spaar vir die moontlike gastehuis-baba. Indien sy nie swanger is nie, gebruik daai geldjies om lekker baie (fokken ordentlike duur) effies te koop en gaan hou ‘n sletterige seks-gevulde vakansie in Thailand om jou “get out of jail free” te vier!

Liefde,

Dr. Ruth(less)

You may also like...

4 Responses

  1. Reimert says:

    Geagte Dr. Ruth(less)

    Lat ek agtergrond skep! Ek en my huidige girl het mekaar ontmoet as skelmpies en is nou al amper twee jaar saam. Ons is alby sexueel baie aktief en het by n alternatiewe leefstyl betrokke geraak.

    Die probleem is dit! Wanneer ons nou lekker fun met die ander paartjie het sal sy jaloers word op my. Maar as selfde teenoor ha gedoen word is ek fine. Hoekom kan sy dan nie my gun wat ek haar gun nie?

    En ja…Ons gebruik rubbers!

  2. Rampokker says:

    Hi Dr. Ruth(less)

    Ek hoop jy kan help. Ek is ‘n ou en dus sal ek soos meeste ander ouens elke dag sex wil hê. Ek is nou al in ‘n verhouding met my meisie vir meer as 4 jaar. Dinge was ok aan die begin, ons het baie geshag. Maar deesdae moet ek haar basies smeek om bietjie action te kry. Dit is nie lekker nie, ek wil nie net een keer ‘n maand spyker nie.

    Is daar iets wat ek kan doen om my meisie beitjie meer in die “game” te kry? Iets wat ek vir haar kan sê? Asb help my voor ek my kos gaan soek in ‘n ander kombuis.

  3. Hupsman says:

    Reimert, geluk daarmee dat julle nie buite julle verhouding kondoomloos spyker nie. Ek is nie ‘n seksuoloog nie, maar kan dalk ‘n bietjie help met die jaloesieprobleem. Die jaloersheid aan haar kant is dalk nie ‘n algemene probleem met wat vir my lyk na jul nuutgevonde swiengerleefstyl nie. Dis dalk eerder dat die paartjie waarmee julle swieng ou kennisse is en dat julle ook gewone vriende is of vriende geword het. Indien wel, is dit heel natuurlik dat sy jaloers sal begin voel, want daar is dan die risiko dat jy op die swiengmaat verlief kan raak. Probeer dus liewer om ‘n nuwe paar oor die net of in ‘n swiengklub te ontmoet. En probeer dan om nie ‘n te hegte verhouding te ontwikkel nie. Spyker so een keer ‘n maand en los dinge daar. As julle behoefte aan swiengerseks groot is, ontwikkel dan ‘n swiengverhouding met meer as een paar. Jou vaste maat sal dan baie gemakliker voel as met jul huidige swiengmaats.

  1. March 14, 2012

    […] Ruth(less) is terug die week met 'n bietjie raad oor Cyber-Sex en effie loos wees. As jy dit nog nie gelees het nie dink ek dit sal 'n goeie idee wees as jy dit gaan lees. Dit is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *