Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Doos van die week: Julius Malema

Hallo mense.  Aangesien hierdie die eerste weergawe van “DOOS VAN DIE WEEK” is, gaan ek maar die grootste doos van almal kies. Julius Malema.

Julius is waarlik die poster child van belaglikheid – hy word in beheer geplaas van ‘n klomp barbare in die vorm van die ANCYL, en kry dit steeds reg om soos ‘n seer duim uit te steek as die grootste doos van almal.

Nie net ‘n doos nie, maar ook ‘n dom doos.  ‘n Onnosele doos.  ‘n Doos wat Zuma (die ou wie dink dat mens Vigs kan oorwin deur te stort na seks, en ook die president van ons land) blatant sal uitroep en koggel voor die media, maar hy behoort aan dieselfde party en Zuma is tog die man aan bewind van ons land.  Hy is ook die doos wie ‘n dierlike uitbarsting in die ANC se “revlushnari hause” gehad het teenoor die arme britse joernalis Jonah Fisher.  Maar almal ken die storie.

Julius Malema, die doos van alle dose, was ook vir een of ander obskure rede deel gewees van die Caster Semenya debakel.  Die arme vrou.  Dis nie genoeg dat die hele wereld se sy is ‘n man nie, nee.  Hulle moet ‘n perskonferensie hou waar die arme Semenya soos ‘n haas in die hoofligte sit en toekyk hoe almal haar as ‘n “freak” bestempel.  Saam sit Leonard Chuene (President vir een of ander rede van Athletics South Africa) en dan natuurlik ons liewe doos Julius.  Nou vra ek vir jou met trane in my navy blue eyes, wat op gotsaarde soek hierdie hofnar daar?

“Check unda he skett, he ees e wuman” (Engelse vertaling:  Check under her skirt, he is a woman).

Classy Julius.  Moerse classy.

Ek moet byvoeg – imagine watse boring plek die wereld sou wees sonder sulke dose.  Mense wie basies net daar is om voor te lag, en wie se claim to fame is dat hulle onnosele goed op ‘n baie gereelde basis doen.  Soos Courtney Love, Lindsay Lohan, Paris Hilton, al ons ministers en president, ons weermag, ons polisiemag, die metropolisie en vele meer.

Laat die sirkus voortgaan…


(Hier is ‘n video van die swaap. Dis klank is bietjie uit, maar mens sien nog steeds hoe groot doos hy van homself maak. Peace Stix)

You may also like...

1 Response

  1. January 22, 2013

    […] in die regering is? Kan ek dalk vir Khusela herhinder waarvoor die vorig ANC Jeugliga leier (Juluis Malema) in die kak […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *