Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hou jou opinie oor vaccines eerder vir jouself

Opinies. Elke hol het een. Dit is uitputtend.


‘n Fris-Chris met meer tattoos as ek, gee my ‘n ear-beating oor inentings. Hy rammel allerhande snert af terwyl ek staan en dink wat ek gedoen het om myself in die situasie, en gesprek, te laat beland het. Is dit miskien iets wat ek in my vorige lewe gedoen het? Is dit my voorvaders se sondes waarvoor ek nou betaal? Is dit hoekom karma my ore tans so laat buk?


Ek bly stil en laat hom praat (rant) vir lank. Langer as wat ek eintlik tyd voor het. Ek wou net ‘n meme wys op my foon en aangaan met my dag. Maar soos sy are begin bult onder sy tattoos op sy voorarms en nek, kom ek agter dat die knaap se bloeddruk besig is om te styg. Nie oor sy opinie nie, maar oor die woede wat hy geheg het aan sy opinie. Hy begin rooi word in sy gesig, en soos hy amper skree oor “FDA-approval” besluit ek om die ou maar in die rede te val want ek mag dalk net sy lewe red.


“Ek hoor wat jy sê dude,” sê ek terwyl ek myself loof dat ek die ou nou net gekeer het van ‘n hartaanval kry, “maar ek het al baie produkte en supplements gebruik deur die jare wat nie FDA approved is nie.”


Hy draai sy kop na een kant soos ‘n hond wat ‘n skril geluid gehoor het. Flat earthers het dieselfde reaksie as hulle logika hoor.


“Ek sal nooit iets gebruik wat nie FDA approved is nie.” sê hy soos ‘n vegan met ‘n leer belt aan.


Ek kyk na sy opgepofde armpies. Die knaap het duidelik al ‘n paar protein shakes gedrink, en seer sekerlik ‘n ander supplement of twee gebruik om hom te help overcompensate. Ek wonder skielik of hy ‘n double-cab bakkie ry ook. Ek besluit ek wil nie vandag dood gaan nie, so ek besluit om sy spiere (protein shakes en creatine) eerder uit die gesprek te los.


“Jy weet die FDA is ‘n Amerikaanse beheerliggaam en dus is daar baie dinge in Suid-Afrika wat nie FDA approved is nie, reg?” wonder ek hardop.


“Ja, maar dit sê iets oor die vaccine as dit nie FDA approved is nie.” slaan hy terug met die harde feite.


“Dit sê verseker iets, ek stem saam. Wat presies dit sê is lyk my baie oop vir interpretasie as ek kyk na wat mense deesdae op Facebook post. Nie te min, jy het verseker al goed gebruik wat nie FDA approved is nie. So ek probeer net verstaan hoekom jy die lyn hier trek?” Ek stel eintlik meer belang in probeer verstaan hoe hy by sy denkwyse uitkom, as wat ek belangstel in sy opinie.


“Die gaan in jou lyf in. Ek sal nie iets in my lyf sit wat nie FDA approved is nie.” sê hy asof hy ‘n prokereur is wat sy final argument drop in ‘n episode van Suits. Dit is ook die gaping wat ek voor gewag het, en boeta-beer loop toe reguit in die lokval in.


“Jy het tattoos. Dit is in jou lyf. In fact, dit is nie net in jou lyf nie, dit is nou deel van jou vir altyd. In jou vel.” sê ek terwyl ek hom my tattoos wys onder my hemp. Net ingeval hy dink ek val hom aan oor hy tattoos het.


“Ja, en?” vra hy, want hy het nog nie uitgemaak waarheen ek hiermee gaan nie.


“Geen tattoo ink is FDA approved nie.” my sin eindig en daar is stilte. Seker oor die ou so baie gepraat het die laaste paar minute dat dit nou skielik klink asof alles doodstil is.


Ek hou hom skerp dop. Want een, ek wil nie gemoer word vandag nie, en twee, ek probeer sien of ek nou sy brein gebreek het. Hy kyk vir my, dan kyk hy weg, verby my, en dan terug na my. Ek dink ek sien rook begin trek by sy ore uit, en besluit om eerder myself skaars te maak.


“Maar almal het hul opinies dude. Ek voel nie ‘n fok vir wat jy dink oor my wat die vaccine gaan kry, net soos ek nie ‘n fok voel oor wat jy dink van my tattoos nie. Ek voel ook nie ‘n fok oor of jy dit gaan kry of nie. Ek hoop die mense naby aan my kry dit, want ek wil nie hê hulle moet doodgaan van iets as dit voorkombaar is nie. Maar you-do-you-boo, ek los jou met wat Bo Burnham so eloquently gesê het: “Here’s a question for you guys. Um… Is it… is it necessary? Is it necessary that every single person on this planet um, expresses every single opinion that they have on every single thing that occurs all at the same time? Is that… is that necessary?


Um… Or to ask in a slightly different way, um, can… can anyone shut the f**k up? Can… can anyone, any… any… any one, any single one, can any one… shut the f**k up about anything– About any… any single thing? Can any single person shut the f**k up about any singlе thing for an hour? You know, is that… is that possible?”

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *