Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oom Pepi troos n eensame bloubul !!

Jis Jis

Ek hoop die gevaaalikheid loop hoog vanmore! Nog n eensame siel het by oom Pep kom raad vra, lyk my hy raak meer gewild by die dag. Dit moet sekerlik te danke aan sy sjarmante en  non shalante manier van raad gee wees.  Die bra wat gemoan het spel soos n “love sick mxit hoer”, lees dit maar mis en onthou om jou hart vir Hillbrow te gee!

Lees gerus hieronder. 

Die Moan:

Oom Moan Pep, Wil graag jou mening hoor oor die feit dat die bulle nie me in die finaal is nie,ek (ons) bulle is innerlik geskok met die resultate. Toe ek vanjaar my kaste reg gepak het ,het ek geen suns spasie gehou vir my blou bul toerusting nie, nou moet ek we my kaste van voor af reg pak sodat ek kan spasie maak vie die bellangrikke toerusting. Wag in spanning vir jou raad.Oom Pep se Mening:

Groete Legend de Beer

Geagte Mr de Beer

Ek moet se, dit was vir my ook n groot skok dat die manne in Blou hul ondersteuners so in die steek gelaat het. Legend, ek troos myself in die feit dat ons Bulle nogsteed die Super 14 champs is en dat hulle met alle mag in 2011 sal terug kom en altwee bekkers vir ons huis toe sal bring.

Mr de beer ek is baie jammer om te hoor oor jou spasies probleem en ek is geskok dat jy so uiterse kak BlouBul ondersteuner is.

Jammer as ek te reguit is maar ek verwag meer van jou, net omdat die haaitjies die Currie Cup gewen het ( ek het nog altyd gedink dat dit effens onregverdig is omrede daar so fokken baie Currie in Durban is,hoekom soek hulle nou die bekker ook?) beteken dit nie jy moet jou BlouBul trots wegsteek in jou kas nie. Ja jou vriende gaan jou miskien terg en afpis aan die begin maar onthou net, dit is jou vriend en jy kan hulle kies. Daar is baie mens in die wereld, moet jouself nie beperk tot n seker groep mense nie, jy is spesiaal en uniek, deel dit met die wereld.

Nou kom ons kom by jou naam, as ek so voor op die wa mag wees? “Legend” is n uiters kak bynaam vir die rede dit maak jou net n windgat kont. By gese, dis yskoud as iemand jou n legend noem maar as jy jouself n legend noem probeer jy ajoba wees en dis nie regtig gevaaalik nie Bynaam voorstelle wat gevaaalik klink en wat ek dink meeste BlouBul ondersteuners se persoonlikheid uitbeeld is die volgende : Diff, Sparkplug en Spanner, basies n karpart of enige tools. Daar’s ook die “diere” rigtingsoos bv. Os, Botterbulltjie (ek dink die sal perfek by jou pas of ) Bees, Vlakvark ens. Dan daar ook die opsie van oorlog voertuie, Tank , bomber , Jet ens. Jy kry die idee!

Iets wat jy onmiddelik gaan moet stop sit is om jou St5 rugbybal te broeknaai, dis nadelig vir jou psige en dit het n negatiewe uitwerking op die magneetveld rondom jou power balance bandjie wat jy om jou arm dra. Ek stelvoor dat jy vir jou n ordentlike stel blouballes koop en dat jy dit rondom jou nek dra vir die volgende 3 maande. Dit behoort die innerlike bloubul weer in jou wakker te maak!

Voor ek klaar my raad aan jou beeindig wil ek jou net laat weet dat ek jou inlog details perongeluk raak geloop het, ek het besluit om n voorbeeldige zeffer te wees en dit vir jou te hou, hier is dit, doen asb die moeite en pas dit beter op:

Mr de Beer ek se vir jou baie dankie dat jy kom moan het hier by Gevaaalik.com. Jou ondersteuning beteken vir my baie en ek hoop om weer van jou te hoor.

Mag die mag van gevaaarlike Zefgeheid met jou wees.

Jou OOM PEPI

You may also like...

3 Responses

  1. Legend de beer says:

    Goeie Middag Oom Peppi/Posduif;

    Wardeur dat jy terug gekom het, meot ok se dis te laat ma is seker beter as nooit. Die van my vriende wat vir ander spanne skreeu is hulle keuse en kies nie vriende vir watse spanne hul skreeu nie.

    Dan op die opmerking wat U gemaak het oor die bynaam <botterbullietjie sal ok werk want hulle se "it takes a big hammer to put in a big nale" ,dan die Legend een het ek nie self vir my kesien nie ,dit was aan my gegee en ek blameer hulle glad nie ek sou ok so iemand soos ek so n bynaam gegee het.

    Dan Oom Peppi/Posduif vir wie skreeu jy,want op een stuk sal dit vvor kom of jy ok n trotse Blou Bul is en dan in die selfde asem asof jy n DRAAD SITTER is.As jy net daai onduidelikheid vir my kan oplos sal ek dit opreg wardeur.

    Dan om mee af te sluit."verstaaanjy of praaatjy "

    Wil graag net vir jou bietjie jou onduidelikhede onder die lig bring, om jou rugbybal te broek naai tel nie as broek naai nie,so as ek vir jou raad kan gee,gaan kry jou st 5 rugby broek en oefen eers op hom "dit is Broek naai "

    Legend Groete

  2. Pepi says:

    Liewe Mr Legend

    Ek wil net bevestig dat ons die gebruik van tik glad nie goed keer nie. Ek stel voor jy kry onmiddelik hulp en laat die glaspypie tot rus. ek wil jou ook bewus maak van die feit dat ons vir die Springbokke skree en NET vir die Springbokke!

    Ek verneem dat hulle spelklasse aanbied by Pretoria-Wes Learskool onder andere leer hulle jou ook om n spacebar te gebruik.

    Dit is duidelik dat jy stoei met jou innerlike demone. Dit gebeur as mens tik en brandewyn meng.

    Ons by gevaaalik wens jou baie sterkte toe met die toekoms. Mag die gees van Nass Botha jou lei deur hierdie moeilike tyd en mag Juanita du Plessis jou n simbolise drukkie gee elke keer as jou siel huil.

    Groete

    Pepi

  3. riempies says:

    Legend klink vir my alte veel na die nuwe version van daai ouens van vroeer jare wat two-tone pakkies dra en cream diesel Mercs ry

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *