Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die wêreld sou ‘n beter plek gewees het

‘n Meer onlangse Afriforum stukkie: Afriforum het geen respek vir privaatheid nie

Die naweek ry ek van ‘n gevaaalike lekker party af en sien ‘n advertensie vir Afriforum se musiekfees. Ek vind meer uit oor die klas mense wat by die fees gaan optree. Ek’t eers lyne binne my bek gekots en moes huis toe jaag om my tande te borsel. Ek kan die skok nie aan julle beskryf nie. Juanita du Plessis se stem het weergalm in my kop en dit het gevoel asof ek omsingel word deur 10 000 Steve Hofmeyrs. Ek’t vinnig ‘n halwe bottel whiskey gedown en toe tref dit my behoorlik.

As ons vir Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Elizma Theron, Gerhard Steyn, Sorina (Flooze van 7de Laan), Jay, Snotkop, Fredi Nest, Karlien van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, 34̊ Suid, Armand Hofmeyr, Jakkie Louw, Mel Botes en Adam Tas – om net ‘n paar te noem – uit die Suid-Afrikaanse musiek bedryf  kon haal, sou ons darem baie beter af gewees het. Die dose het nie talent nie. Enige drol met ‘n klavier wat vier note aanmekaar kan slaan en dan ‘n kleuterskool rympatroon oor dit gooi kan dan geklassifiseer word as ‘n Afrikaanse platinum-CUNTstenaar. Dit is nie goeie musiek nie. Dis hondkak.

Ons kort meer talent soos Fokofpolisiekar, Jack Parow, Die Antwoord, Van Coke Kartel, aKing, The Narrow, Die Heuwels Fantasties, ens. Musikante wat eintlik hul instrumente kan speel. Mense wie se lirieke actually iets beteken. Al hierdie konte se musiek  moan oor ‘n mooi meisie, hoe gesuip iemand is en  rugby. Die feit van die saak is ons kort hulp, want daar is mense daar buite wat dom/kommin genoeg is om die kak kunstenaars se CD’s te gaan koop. Dit is hoekom ons nog met die gemors in ons land sit. As die klas van ons Afrikaanse musikante ons politieke opinies moet weerspieel, is on in groot kak. Ek verstaan nou hoekom sê Francois van Coke in een van sy songs “Ek soek die aandag van die breinlose gehoor.”

Ek sweer as iemand nog een keer vir my sê: “Jy het nie kultuur nie” omdat ek nie na die bogenoemde kak luister nie, gaan ek net reply: “Ek het dalk nie kultuur nie, maar darem het ek fokken klas en dis iets wat ‘n mens nie kan koop nie.”

You may also like...

26 Responses

  1. riempies says:

    CeliaGreen.com reken dit nogal mooi: “There is a new model of society. Let us call it mediocracy, as in: the rule of the mediocre, the triumph of style over substance.

    Mediocracy is not concerned with the quality or content of culture”

  2. Christiaan says:

    Is jy ernstig? jy se dat al die kunstenaars zef is, maar dan noem jy ouens soos Jack Parow en Die Antwoord, is hulle zef dan meer “kunstig” as die res s’n? Kyk ek self is nie iemand wat van Steve en die klomp ouens hou nie, beteken dit nou hulle moet ophou sing omdat daar mense is wat nie van hulle hou nie, dit is duidelik dat daar baie mense is wat wel daarvan hou en dis niemand se plek om vir ander te se waarna hulle moet luister of dan nie. Dan noem jy ook bands wat almal se lirieke deur dieselfde persoon geskryf word (Hunter Kennedy), so eintlik hou jy van dieselfde dinge wat net deur iemand ander gesing word. Dink jy het ‘n baie valid punt hier beet, maar dat jy nie weet hoe om dit te stel nie.

  3. Stix says:

    Ek het my punt gestel presies soos ek dit wou stel dankie ou grote. “Dan noem jy ook bands wat almal se lirieke deur dieselfde persoon geskryf word (Hunter Kennedy)” Sê my gou op wat basseer jy hierdie sogenaamde feit van jou? Lyk my nie jy weet veel van Hunter of enige van sy bands af nie. Gaan my artikel maak dat jy jou Jurie Els CD nou eweskielik brand Christiaan? Gaan my artikel maak dat jy ophou fantaseer oor mans soos Juanita du Plessis? O nie? Dan kan ek nie vir jou of enige persoon iets maak doen nie. Albeit dit nogals ‘n cool ding sou wees. Die eerste ding wat ek sou doen is om jou te maak jou kop uit jou hol haal.

    Nes ek nie vir mense kan se wat om te doen of na wie om te luister nie kan jy nie vir my se wat om met my opinie te maak nie. Die Antwoord en Jack Parow is dalk zef, ek stry glad nie daarmee nie, maar ek wed jou daar gaan meer dinkwerk in elke liewe een van hulle songs in as wat daar in “Toeter op my Water scooter” of “My hart klop tjoklits” ingaan.

    Jy het glad nie ‘n punt hier beet nie en jy sukkel ook om ‘n punt te maak. As jy nie like wat ek te se het nie kan jy fokof. Dankie vir jou comment Christiaan, altyd lekker om van ‘n leser te hoor.

  4. Sannie says:

    HAHAHAHAHA!!! is al wat ek kan se ou maat. Jy’s ‘n fokken poepol.

  5. Stix says:

    Ek verstaan nie regtig jou reply nie Sannie. Maar as jy sê wat ek dink jy probeer sê dan is al wat ek kan sê shame. Kan ek voorstel dat jou volgenede stappie in die evolutionary ladder graad 1 moet wees? Daar sal hulle jou mooi leer om woordjies in sinne te sit wat sin maak.

  6. Lenie says:

    Jy is ‘n poepol. Eintlik die soort Suid-Afrikaner wat eintlik tussen die ander Afrikaners (beklemtoon Afrika) moet bly. Jy slaap ook seker oor die kleurgrens. Jy is wat ons in die boereoorlog sou noem ‘n hanskakie.
    Soos jy noem jy ry van ‘n gevaarlike partjie af (dwelms, drank en d%$3) (dames wat geen regdenkende man as ma vir sy afstammelinge sal wil he). So ons verskoon jou !
    Jou zef kop

  7. Stix says:

    Vir ‘n opregte Afrikaner is jou greep op jou moedertaal maar bra swak Lenie. Ek slaap in my bed, nie oorkant enige grense nie.

    Vir iemand wat blykbaar in die Anglo boereoorlog was en mense trotelnaampies in daardie tyd kon gee, lyk jy baie jonk op jou Facebook profile. Kan ek dalk jou plastic surgeon se besonderhede kry?

    Lekker luister na jou Juanita Du Plessis CD poplap.

  8. Joe says:

    Beste Lenie,

    Baie dankie vir jou besoek aan gevaaalik.com. Ons waardeer dit dat jy die tyd geneem het om ons site te besoek en ook sommer vir ons ‘n lekker beledigende boodskap kon skryf. Ek moet jou ongelukkig meedeel dat, hoewel jy nou seker moerse dik in jou skik is, jou boodskap eintlik baie meer verdoemend is as enigiets wat ek as reaksie oor jou sou wou skryf.

    Geniet asseblief die Afriforum-musiekfees. Ek is seker dat Afriforum graag geassossieer wil word met mense wat hulle domonnosele rassisme so openlik ten toon stel.

    Laastens wil ek ook voorstel dat jy miskien ook ‘n Afrikaanse woordeboek aanskaf en jou 12 jaar van skoolonderrig herhaal. Soos Stix gesê het, jou beheersing van jou moedertaal is ten beste laakbaar en ten slegste is dit net skreeusnaaks en ironies. Terloops, hoeveel onse is daar in jou pond? Wanneer jy skryf “So ons verskoon jou!” wil ek dit baie hard en duidelik stel dat ek baie bly is om nie in jou “ons” ingesluit te word nie, want die fok weet dit moet maar kak wees as jy ‘n lid is.

    Alle groete!

  9. MARIUS CLARK says:

    Wat is kultuur: Dit wat vir jou kultuur is, is dalk nie vir jou bure kultuur nie. Aangesien kultuur geklasifiseer word as dit waarin jy jouself blootstel op gereelde tyd. Waaraan jy blootgestel is. Jammer day stix blootgestel is aan barbaarse onderig. Dronkaard groot geword, dalk dit wat hy aan bloot gestel is sy opvoeding. Om te rebeleer teen enige iets wat orde het omdat hy rebeleer teen dit wat hy geword het as gevolg van sy kinderdae. Dit dan duidelik hoekom Stix se kultuur dit is wat gepaard gaan met rebellie. Dalk is dit oor die ongelukkigheid omdat daar mense is wat komersieel dink en nie net dit wat hy se terwyl hy middels gebruik om ‘n persoonlikheid te kan he nie. Stix is seker ook van daardie wat kwaad is vir die lewe omdat hy First watch moet drink terwyl die wat hy nie van hou champaign moet drink nie.

    Se wat jul wil, doen wat jul wil te monste is daar ‘n mense wat opstaan en se genoeg is genoeg. Afrikaans en Afrikaners het ‘n plek in die land, so geniet die vrugte van die werk wat Afriforum doen terwyl jul op jul gatte sit

  10. Joe says:

    @Marius: Miskien moet mens eerder vra “Wat is kultuur?” Dan skryf mens dit met ‘n vraagteken, anders is dit nie ‘n vraag nie. Is dit in elk geval die beste manier waarop jy die Afriforum Musiekfees en al die vermaaklikheidsterre wat daaraan deelneem kan verdedig? Deur vir Stix sleg te sê? Verder, as ons kan doen en sê wat ons wil, of soos jy dit stel “Se wat jul wil”, hoekom doen jy die moeite om hier kommentaar te lewer? So ‘n artikel moet jou mos nie skeel nie. Ek dink jy sal ook merk dat Afrikaners van die ergste drinkers in die land is. Styg bietjie uit bo jou middelklas waardes en dink daaraan dat alkohol ook maar ‘n “middel” is en jou ou verbeelde volkie is glad nie so onskuldig soos jy dink nie.

    En dan, aangaande jou laast sin:

    Afrikaans en Afrikaners het ‘n plek in die land, so geniet die vrugte van die werk wat Afriforum doen terwyl jul op jul gatte sit

    Fok vir Afriforum en fok jou. Het ons gesê Afrikaans en “Afrikaners” het nie ‘n plek in die land nie? Ons blog is in Afrikaans! Voorts het jy nie ‘n fokken clue wat ons vir Afrikaans doen nie. Sê ons, Marius, bedryf jy een van die populêrste Afrikaanse blogs op die internet? Help jy met die bemarking van Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse) bands? Wanneer laas het jy ‘n Afrikaanse boek gekoop? Wanneer laas het jy daaraan gedink dat Afrikaans nie die eksklusiewe eiendom van Afrikaners of Afriforum is nie? Meer as die helfte van Afrikaans se moedertaalsprekers is bruin – en ons almal weet hoe ‘n groot vet niks voel Afriforum vir nie-Afrikaners (m.a.w. mense wat nie wit is nie). Fok jou en jou vermetelheid dat jy durf suggereer dat Afrikaans bloot voortbestaan a.g.v. Afriforum.

    Dankie vir jou besoek.

  11. Stix says:

    @Marius Ek kon helfte van wat jy probeer sê nie verstaan nie. Miskien is dit oor jy baie slimmer probeer klink as wat jy is Marius.

    Ek het miskien volgens jou nie kultuur nie, maar tenminte het ek klas. Dit is iets wat baie min Afriforum mense kan sê. Ek is bly jy dink Afriforum het al enige positiewe bydraes tot Suid-Afrika gemaak, dit is net jammer jy verbeel jouself.

    Ek is jammer my kultuur laat my toe om net blindelings soos ‘n skaap te glo nie. Miskien is dit waar my opvoeding ‘n stap bo joune is.

  12. gurt says:

    elke brommer op sy eie drol sê ek.
    ek kan net eenvoudig NIE die tipe afrikaanse musiek sluk wat in hul duisende verkoop en gespeel word nie. junita die, piet daai. selfde lirieke, selfde beat. laat daar nou ‘n onbekende europese band so doef doef song skryf en ‘n maand later dan het een of ander suid afrikaanse sanger die ding ge-copy en verafrikaans (my taal ek sal spel sook ek wil)…..
    ek stem 100% saam met stix. ons kort meer talent soos fokofpolisiekar, straatligkinders ens.
    thanks vir ‘n befokte site ouens!

  13. Ceciia says:

    Okey Okey… ek stem saam met jou behalwe oor een ding en dink jy moet jou kop gaan lees! Die Antwoord is gemors!!! Dit is super kak… daar is niks talent daar nie!!! Ek luister eerder na daai mense wat jou laat kots as ek na die antwoord luister… hulle is net ‘n mors van white space!

  14. Ruan Stix Fourie says:

    @Ceciia: Daardie mors van white space het meer kreatiwiteit en is baie slimmer as wat enige persoon wat by die Afriforum Musiekfees optree ooit sal wees.

  15. Eiers says:

    Man, nie een van julle moere is regtig so moer verkeerd nie. maar gelukkig gaan die’ mense nie’ na die alewige ge- yo-yo-yo motherfucker kak van ons voorheen benadeeldes luister nie. Dan het ek sommer in jou broek gekak hoor. So los die mense dat hulle darem nie in daai kak kultuur ook nog verval nie, mits iemand so’ graag wil – los hom ook dat hy maar ‘n fokkop wees, shame man.

  16. Pieter says:

    Hahaha! Stem saam met jou

  17. Liza says:

    Ek wil net graag weet hoe kan iemand sê hy het klas as hy so lelik vloek???? Sies tog!

  18. Liza says:

    Verduidelik asb net vir my hoe iemand kan sê hy het klas as hy so lelik vloek? En mense so lelik aanvat omdat hul nie saam met hom stem nie! Sies tog!

  19. Ruan Stix Fourie says:

    @Liza: Kan moontlik wees omdat ons nie dieselfde negatiewe konektasies heg aan daardie woorde soos jy nie. Ek raai maar net hier.

  20. Ruan Stix Fourie says:

    @Liza: Sien my vorige kommentaar gerig aan jou. Sies tog!

  21. Liza says:

    Negatiewe konnektasies? Ek wonder of jy weet wat is negatief en wat is positief….? Hou maar by jou halwe bottel whiskey (en watookal jy nóg gebruik om so ‘n swak persoonlikheid te hê) want dit verduidelik presies in watter “klas” jy val. Nee wat jong, ek dink die wêreld sou ‘n veel beter plek gewees het sonder mense soos JY en jou trawante, wat meer afbreek as opbou, en geen respek het vir ander mense nie. Jy het nog baie om te leer in die lewe. Dalk kan jy begin met ‘n beter “attitude”… Ek gaan myself nou verskoon van hierdie webblad. Het rerig baie beter dinge om te doen.

  22. Ruan Stix Fourie says:

    @Liza: Ek wens ek kon verstaan wat jy probeer doen met daardie eerste twee vragies van jou. Ja, ek het geen negatiewe konektasie aan woorde soos “Fokof jou doos” geheg nie. Vir my is dit dieselfde is om te sê “Loop hier skobbejak”. Hou op maak asof jy my ken oor jy iets lees wat ek amper 4 jaar terug geskryf het. Is whiskey drink nou ‘n teken dat ek nie klas het nie? Drink jy nie? Aangesien jy so groot aanhanger is van Afriforum se musiekfees dat jy dit hier verdedig met vertraagdheid, sal ek en jy nooit oor die weg kom nie, so wat die jissis soek jy op die site? Aandag?

    Geluk, jou kak taalgebruik het jou die aandag gekry wat jy so na smag. Doen my ‘n guns Liza, leen by iemand ‘n WAP pressure washer en was al die sand uit jou snobistiese vagina. O, en dankie dat jy aanhou om gevaaalik.com te besoek.

  1. May 3, 2013

    […] besit nie regtig 'n vuurwapen nie. En voor jy begin grens oor ek net afbreek en geen Afrikaner kultuur het nie: Daardie is Afrikaner kultuur wat ek nie nodig het nie en hou op om alles so ernstig op te […]

  2. November 1, 2013

    […] Afrikaanse musiekkunstenaars” gaan weer vanjaar by AfriForum se jaarlikse musiekfees optree, berig Maroela Media (sonder om enigsins die onbedoelde sarkasme in […]

  3. September 1, 2015

    […] doen met hul private lewe. 10 000 Puff the magical dragon punte vir jou, jy is nie deel van die breinlose gehoor […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *