Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

AfriForum beloof jaarlikse musiekfees gaan weer lekker kak wees

“Top Afrikaanse musiekkunstenaars” gaan weer vanjaar by AfriForum se jaarlikse musiekfees optree, berig Maroela Media (sonder om enigsins die onbedoelde sarkasme in die aanvangsin van hulle berig te erken).

Volgens die amptelike blad van die musiekfees gaan ’n aantal classy acts die skare vermaak: Steve Hofmeyr (wat ’n verrassing!), Liza Brönner (wie de fok?), Adam Tas (“Pretoria!” – ja, hy), Gerrie Pretorius (Anne-Marie, my skat), Pieter Smith (ook wie de fok?), Saarkie (kan nie spel nie), Die Tuindwergies (moenie laat hulle jou kul nie, hulle is eintlik mense), Jaco Labuschagne (wie de fok? nommer drie), Fredi Nest (die ou op die Presley’s posters), Vaughan Gardiner (dis ’n wie de fok? quadrilogy!), Ghapi (jammer, maak dit ’n pentalogy), Beeskraal (jissis, bestaan hulle nog?) en Fanie Botha se Boereorkes (hulle is blykbaar baie beter as Manie Mans se Boereorkes, so count your fucking blessings, you ungrateful bastards).

Blykbaar is Sunette Bridges steeds bietjie van ’n persona non grata by AfriForum, aangesien sy weer nie ’n verskyning gaan maak nie. Volgens Sondag was dit verlede jaar ook die geval:

Die singende moederkoeksister is nie na die jaarlikse AfriForum-konsert genooi nie. Terwyl Sunette se manlike singende politieke eweknie, Steve Hofmeyr, spoegend politieke toesprake gehou en Adam Tas “Pretoria!” geskree het, het Sunette op haar Woodhill-stoep gesit en wyn drink.

Afriforum is skynbaar maar ’n fickle friend, methinks.

Die fees word aangebied ter ondersteuning van Pretoria se naam. Dit is ook, soos die fees se Facebook-blad aandui, “weer tyd om Pretoria se 158ste se verjaardag te vier!” Weer. Soos toe Pretoria verlede jaar ook 158 geword het. En ook die jaar voor dít 158 geword het.

Pretoria word weer 158. Weer.

Pretoria word weer 158. Weer.

Indien jy dus ook vir die skynbaar soveelste keer die Jakarandastad se 158ste verjaarsdag saam met Steve en die Niemansbende wil vier, kan jy saam met ander torre gaan toesak op die heilige Afrikanerpeperpot om lekker saam met jou familie vermaak te word, terwyl jy jouself weer kan verbeel dat jy in ’n land bly waar daar net wit mense is en die name van stede belangriker is as om magies vol te maak. Jy hoef natuurlik nie – dillusions is heeltemal opsioneel.

Die fees is ook gratis. Wie de fok gaan immers vir so ‘n iets betaal? En moenie worry oor die traffic nie. Die massas sal behoorlik gepurgeer word deur albei hekke van die Voortrekkermonument oop te maak. Mens wil nou nie in ’n verkeersknoop in die ileum vassit terwyl Fanie Botha se Boereorkes hulle snare in die duodenum tokkel nie. Druk, liefie, dan’s ons gou daar!

You may also like...

2 Responses

  1. April 28, 2014

    […] dan is die VF+ die perfekte plek vir jou om jou stem te mors. Die VF+ spring gereëld saam met Afriforum, Sunette Bridges en Steve Hofmeyr in die bed. Die fear mongers probeer met die vrees van 'n […]

  2. June 7, 2015

    […] nog altyd dink aan my Voortrekkerdae in die laerskool. Deesdae is dit lyk my ‘n manier om die Afriforum Musiekfees te […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *