Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Pierewaaier Dans – Hans Drom

Pierewaaier Dans Drommedaris

Ek weet nie deur hoeveel van die video’s ek nog gaan kan deur werk voor ek ‘n geweer in my mond druk nie, maar ek is nog hier so kom ons ry die perd se rug tot hy breek. Die keer het ons vir Hans Drom met “Pierewaaier Dans”. Toe ek oorsronklik die video se link deur e-mail gekry het was ek vanplan om niks te doen nie. Tot dit onder my aandag gebring is hoe hans Hans Drom is op sy Youtube channel. Dit help nie jy los comments nie want hy delete net alles. So kom ons gesels eers oor so paar dinge wat hy gesê het.

Eerstens, as jy nie slegte kritiek wil hê nie, moet dit nie op die internet sit nie, Hans. E-mail dit vir jou ma, sy hou seker van alles wat jy doen. Moet ook nie dink dat as jy dit delete dit gaan weg wees nie. Eens op die internet, altyd op die internet. Moet ook nie vir mense sê hulle is lafaarde omdat hulle onder skuilname comments los as jy self onder ‘n skuilnaam lewe nie. Moet my nie vir ‘n oomblik vertel dat Hans Drom jou regte naam is nie. Reg, oor na die video.

Update:drommedaris1″ se comments is intussen deur Youtube remove oor sy comments te veel down votes gekry het. Welgedaan gevaaalik.com lesers. Weereens maak julle jul stemme dik en die wêreld luister!

Pierewaaier Dans

Ja ek het die “n” in die woord “want” uitgelos. Ek is jammer en ek sal dadelik die WAT drie keer gaan deur lees

Ek het kliphard gelag en die video was nog net 3 sekondes in. Die rede hoekom ek so erg gelag het is dat Hans een of ander sound effect oor sy stem gesit het reg aan die begin van die video dan hoor jy hoe sê so robot stem: “Pielewaaier dans”. Ek mag dalk die enigste persoon wees wat dit al gehoor het of, dalk is Hans se musiek vir hom ook kak en dus het hy self nog nooit die song geluister nie. Ek gaan nie eers praat hoor Hans se hare of sonbrille binne ‘n gebou nie, duidelik besit hy nie ‘n spieël nie.

Aangaande die girls in die video: Weet hulle ouers dat hulle skool gebunk het om in die “Pielewaaier Dans” video te wees? Die oudste meisie lyk asof sy miskien 15 is. Not cool. Dit is ook hier wat ek besef het dat dit ‘n trotse ou Afrikaner volksliedjie is, “Jan Pierewiet”. wat hier verkrag word. Dit is ook hier waar ek die musiek moes mute voor ek die sneller van die geweer in my mond trek. Kort na dit het ek die video gepause en besluit om ‘n paar skote in my agter tuin die gaan aftrek om die woede uit te laat.*

Hierdie techno verkragting van die Afrikaanse kultuur gaan vir ‘n ruk aan terwyl Hans vreemde dans moves doen en die robot weer begin sê: “Pielewaaier dans, check it uit”. Dan dans die boerseun protagonist en die girls like nie sy moves nie, hy het niks op Hans Drom se spiff dans moves nie. Intussen het Hans Drom sy electonic dromme begin moer. Dit is hier waar ek finally opgegee het.

Ek dink dit is veilig om te sê dat as jy hierdie video en song like gaan ek en jy glad nie oor die weg kom nie, maar dit is ok. Ons hoef nie. Daar is ook die wat sê ek dra by tot die Afrikaans-pop se publicity wat hulle kry. In Hans se eie woorde: “Tenminste het ek al iewers die nuus gehaal”. Ja ou perd, maar as jy nou sulke onnosel stellings wil begin rond gooi moet ek jou net herhinder dat Julius Malema ook die nuus gemaak het so paar keer, iewers.

*Ek besit nie regtig ‘n vuurwapen nie. En voor jy begin grens oor ek net afbreek en geen Afrikaner kultuur het nie: Daardie is Afrikaner kultuur wat ek nie nodig het nie en hou op om alles so ernstig op te vat. Jy maak die lewe vir jouself moeilik.

You may also like...

19 Responses

  1. pisgesig says:

    Crazy crazy crazy koshuis vibes

  2. Helgaard says:

    Ek sou in my mond gekots het maar die video is so kak dit het verander in projektielkots! Daar behoort n afrikaanse musiek polisie gestig te word want die shit ruk nou hand uit.

  3. 5krApn3l says:

    Stix, weereens dankie! God, hierdie fokkers doen dit aan hulle self! Ek kan nie meer nie!

  4. Francois says:

    Moederfokker! Weet nie hoe ek dit reg gekry het nie, maar ek het 2 min uitgehou in die (moet dit seker maar se) probeerslag! Al wat ek wil weet, hoekom het die bakkie n wheelcap op wat lyk of dit op n Valiant hoort. Tweedens, moet hy gaan krieket speel na die opname of is die bril vir die nagrit terug Westonaria toe?
    Moet dit gee, uitgebars van die lag toe hulle die dj boks so laat vol lyk met die 4 skoolkinders wat hom so toe staan – dankie, dit het ek geniet.
    Verder hoop ek maar Pielewaaier gaan staan self voor n fokken stroper!!

  5. AndreTheGreat says:

    Die Pielewaaier dans lyk soos ‘n spesiale skool seun op ritalin wat hakkel. Dit is iets vreesliks. Ek hoop regtig nie hy het geld spandeer om hierdie twak te vervaardig nie!!! Slaan my met ‘n pap snoek!

  6. John says:

    daar kom my brekfis uit…

  7. John says:

    ek sê julle wat…. Flag die video sommer. Ek het ” Infringes my rights” gekies. Die aap infringe my right om nie na gemors te luister nie

  8. Stephanie says:

    Ek dink dit is n video diary wat hy wil bereik op Youtube.

  9. Shaun says:

    Ek het my deel gaan doen en die ding gedown vote.

  10. Wikguy says:

    Jirri Stephanie hierbo is ‘n warm dame. Ek vote sy moet haar fotos of vir Stoute Boude of vir Vrydag Bederf instuur.

  11. Stephanie says:

    Wikguy, ek werk saam Stix, so ek dink dis n nee. maar many spanks.

  12. Ruan Stix Fourie says:

    Niks wat ek nog nie gesien het nie Steph. Hahaha. Maar haar boyfriend is groter as ek, hy sal dit nie like nie.

  13. Ruan Stix Fourie says:

    @Shaun: Dit word waardeer

  14. Ruan Stix Fourie says:

    @John: Nie ‘n slegte idee nie

  15. Ruan Stix Fourie says:

    @5krApn3l: Ek verstaan hoe jy voel bra. Die ergste is ek kry omtrent daagliks nou van die goed om te kyk.

  16. Die Stronk says:

    Al wat ek kan doen is my kop in skaamte sak, 15 sekondes in van die ergste 4min van lewe het dit my getref dat hierdie snert in my eie dorp gemaak is. Daardie ‘club’ waarin hul is, is letterlik 1 kilometer van my huis af en ek weet wie van daai ouens is. Jy is reg daai girls is nog bloed jonk. Dit help nou glad nie Welkom se image nie.

  17. Willeboer says:

    Nee o goeie donner, kots ek bietjie in my mond. Wie het vir die voëlvel vertel hy kan sing?

  1. May 3, 2013

    […] vir die van julle wat help om vir Hans Drom op sy plek te sit, gevaaalik.com se lesers is die bad asses van die Suid-Afrikaanse internet. As jy […]

  2. May 8, 2013

    […] daarby uitkom so klein stukkie nuus oor Hans Drom. Hy het vanoggend die comments op sy video vir "Pierewaaier Dans" ge-deactivate. Dit nou nadat ek onder sy aandag gebring het wat gebeur as jy "Hans Drom […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *