Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Heuwels Fantasties: Soos Marmite

Hier is die storie. Die Heuwels Fantasties is ‘n Suid Afrikaanse Electro/Rock band wat ontstaan het uit die “breuk” van Fokofpolisiekar. Ek se dit nou maar net ingeval jy die laaste 3 jaar of wat met pap in jou ore spandeur het.

Die Heuwels Fantasties is nie vir almal nie. Hulle is soos Marmite. Of jy smaak hulle fokken dik, of jy like hulle fokol. Daar is geen grys area as dit kom by die average Heuwels fan of nie fan nie. Gelukkig dig meeste mense hulle, ongelukkig kan ek nie dieselfde van fokken Marmite se nie. Hulle styl van musiek en lirieke is definitief nie vir almal nie. As jy fokken erg oor die metal en rock musiek is en jy het Fokofpolisiekar juis gedig oor hulle redelike harde musiek maak, het jy nogals ‘n verrassing gekry toe jy Die Heuwels Fantasties die eerste keer hoor.

Met hulle soft rock en electro vibes klink hulle meer soos Nine Inch Nails wat in ‘n kop aan kop botsing was met Coldplay. Hulle lirieke is van ‘n ander dimensie af, waar nie veel hoef gese te word om die hartsnare met min sin te tokkel nie. Ek fokken like Die Heuwels Fantasties, ek like van hulle songs meer as ander en van die collaborations wat hulle al gedoen het like ek nie veel nie.

Tog as ek die radio aan sit en een van Tuks FM se DJs hou vir ‘n oomblik op kak praat en speel ‘n Heuwels song is daar ‘n vreemde kalmte wat oor my kom. Iets wat my laat voel dat die gejaag elke dag nie die begin en die einde van alles is nie. Dit laat my dink aan ‘n lekker braai saam my vriende oor die naweek of die naweek weg saam my vriende waar ons net ontspan, kak praat en suip. Daar is iets aan Johnny de Ridder se electro beats en tunes wat my laat verlang na die plaas. Daar is iets van Hunter Kennedy se riffs op sy kitaar of sy base lines op die base wat my knieg laat op en af hop. Daar is iets aan die lirieke wat uit Pierre Greeff se keel en dan deur sy synth kom wat my laat dink aan die goeie tye wat nog voorlê.

Ok maar genoeg oor wat ek dink van Die Heuwels Fantasties. Al waarop hierdie hele fokken uitgerekte storie eintlik neerkom is die manne van Heuwels se nuwe musiek video. Dis ‘n animated video. Dit is goed gedoen en daar is ‘n paar “fokket dis cool” oomblikke. Jy sien al die manne van die Vanfokkingtasties crew en Jack Parow ook as animated karakters en dit wil vir my blyk of hulle so bietjie terug flits na van die vorige videos wat van die ouens al mee te doen gehad het. Wel hier is die video, fokken enjoy!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *