Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Laat jou voete raas op die klanke van Mumford & Sons

Jis Jis ouens & vrouens

Julle het sekerlik al van hierdie band gehoor, tensy jy onder een van Centurion Meer se brue bly en net elke 8 ure uitkom om te teer op warm pap wat eintlik bedoel is vir die eende. Net terloops, dis dieselfde eende wat as extras gebruik is in die fliek District 9!

Die band het ontstaan in Dec 2007 en die ouens het nog nie een keer omgekyk nie (behalwe seker as hulle van n crazy stalker fan af hardloop). Die lede Marcus Mumford, Country Winston, Ben Lovett en Ted Dwane het heel toevallig saam begin speel.  Die ouens het almal vir ander bands gejam en heel toevallig een aand by dieselfde venue gegig. Na n paar biere,jokes en n colab of 2 is Mumford & Sons gebore. Snaaks dat die band al vir n wyle bestaan en ons nou eers van hulle hoor. Hulle word geklasifiseer as English Folk Rock en sal enige persoon wat ritme kan hou, dryf tot dans. Dis lekker rock and roll met n knippie country, n teelepel blue grass en n knertsie folk. Snaaks dat daai genres almal op hul eie baie kak is maar gooi dit saam en dis n resep vir kak gevaaalike musiek.    Ek gaan so 2 van hul videos hier post, luister dit maak jou mind op en SMELT al wat n teel is.

Gelukkig vir ons bevat die ouens se musiek n intelektuele raamwerk asook kak baie integriteit. Hulle klank is uniek en hulle woorde diep. Van “Roll Away Your Stone ” wat n pumped up,energie-gevulde hillbilly tune is tot “Awake My Soul” wat baie dieper en meer intriek is! Die ouens het alles!

Ek het die naweek hul album gaan soek maar elke liewe cd winkel was uitverkoop. Hopelik is daar n vars nuwe besending cd’s oppad.   Hierdie is verseker n Desember CD en een van die bestes in n lang ruk!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *