Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die anti-chris is Afrikaans

Nie net is die anti-chris Afrikaans nie, maar hy is bekend onder die Afrikanervolk en hy gaan die hele wêreld die afgrond in lei. Meestal is die anti-chris ‘n Afrikaner, want soos julle almal weet gee God net om oor die Afrikanervolk en die Satan moet dan ook fokus op die Afrikanervolk.

Enter Rian van Heerden. Rian het nie net nou die dag vir Bobbie van Jaarsveld saam met die Satan in ‘n strik laat trap nie, maar hy is blykbaar die anti-chris. Dit is nou volgens gospel sanger Phillip Kotze.


Rian het OFM blykbaar verlaat vir Jacaranda. Phillip doen een of ander gospelprogram Sondagaande op OFM. Nadat Rian die stasie verlaat het en nie meer daar was om ‘n gat in Phillip se gesig te kont nie, kon banggat Phillip die volgende op sy Facebook status plaas: “Noudat hy nie meer deel is van OFM nie, kan ek dit sê: Die keuse is eenvoudig – of jy delete Rian van Heerden van jou vriendskaplys, of jy delete Christen van jou profiel inligting. Jy kan nie albei behou nie. Die keuse is joune…”. Want indien julle nie geweet het nie, Jesus is “with the times” en check Facebook. As jy vriende is met Rian op Facebook is jy nie vriende met Jesus op Facebook nie.

Is dit net ek of probeer mense om die Afrikaners elke dag net meer belaglik te laat lyk? Het Beeld en Die Burger begin tik uitdeel saam met hulle daaglikse koerant?

You may also like...

2 Responses

  1. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Jy het niks om voor jammer te wees nie.

  1. August 25, 2014

    […]  Mechanics in Proclamation Hill?  Dink hulle dat dit oulik is, of dat ons so praat?  Ek dink Rian van Heerden is skerp en baie snaaks, maar ongelukkig is Dianne Broodryk in die agtergrond met haar heks stem […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *