Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nasionale Braaidag gevaaalik.com Birthday Bash by Capital Craft

Wat ‘n mond vol net om te sê dat ons vier word en dit wil vier saam met julle. Daarom gaan ons na Capital Craft toe om so paar free biere weg te gee. Lekker gesellig raak, met lekker kos en oor die 40 biere om van te kies. Daar sal vleis beskikbaar wees om te koop, en dan sal die gawe knape van Capital Craft jou vleisie vir jou braai op Nasionale Braaidag.

Nasionale Braaidag in Pretoria at Capital Craft

Foto vanaf ilovepretoria.co.za

Capital Craft is soos hemel vir enige persoon wat bier geniet. Hulle het oor die 40 biere beskikbaar. Een van daardie biere is die Westmalle Dubbel. Defnitief bo aan my lys van lekkerste biere. Ek het dit die eerste keer gedrink toe ek in België was. Ek het gedink ek sal dit seker eers oor baie jare weer kan drink, toe het Capital Craft dit op hulle menu.

Capital Craft for craft beer in Pretoria

Foto vanaf ilovepretoria.co.za

Maak nie saak wat jy kies om te drink nie, daar sal iets wees vir jou smaak. Ek hoor vreeslike stories vna die bier met tequila in. Of as jy van pienk drinks hou stel ek die Kriek kersiebier voor. Dit is baie soet, maar ‘n lekker desert bier. Ja, bier kan ook fancy probeer klink soos wyn, maar bier is nie ‘n snob nie.

Dinge begin lekker vroeg op 24 September by Capital Craft. Ons gaan so 10:30 daar wees en dan sal ons maar sien vir hoe lank gaan verrigtinge aan. Die eerste 30 mense wat by my opklop met ‘n twee met @capitalcraftpta, @gevaaalikdotcom en #GevaaalikBDAY kry ‘n bier. Bonus bier as jy ‘n Instagram foto ook neem. Jy sal ons sien sodra jy by Capital Craft opdaag. Ons gaan lekker buite sit, dit is immers nou mos fokken warm. Niks fancy nie, net ons en die keg bier met ‘n tap.

gevaaalik.com Capital Craft Nasionale Braaidag party

Foto vanaf ilovepretoria.co.za

As jy die eerste 30 biere mis mag daar ald vir jou nog ‘n free bier wees as jy vir ons ‘n rede kan gee vir een verdien. Gryp ‘n vriend en kom drink ‘n paar biere en vier saam met ons gevaaalik.com se vierde verjaarsdag op Nasionale Braaidag.

Tot komende Woensdag bitches! Kom ons party.

You may also like...

6 Responses

  1. Donovan says:

    Klink epic! Sien jou daar!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Donovan: Awesome dude!

  1. September 19, 2014

    […] is volgende week 'n kort werks week. Want Woendag is Nasionale Braaidag. Jy kan saam met ons kom ons verjaarsdag vier by Capital Craft en dan kan jy miskien 'n gratis bier kry. Dit is hoe nice ons is en hoe graag ons wil hê julle […]

  2. September 23, 2014

    […] As jy steeds nie genoeg details het van ons verjaasdag partytjie nie, loer hier. […]

  3. September 23, 2014

    […] die tyd weet jy seker al van ons party more. Indien nie, loer hier. So paar van die gevaaalike dames het al gevra of hulle ook maar kan kom draai by Capital Craft […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *