Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Deftones – Passenger ft. Mynard James Keenan

Ek het lanklaas na die Deftones geluister. Al het ek op ‘n stadium baie na hulle geluister kom hulle nie meer baie op in my playlists nie. Ek mind nie hulle musiek nie, maar ek luister ook nie baie daarna nie. Tool aan die ander kant is ‘n band wat ek elke week luister, soms daagliks.

“Passenger” is ‘n Deftones song van die album White Pony af. Wat maak “Passenger” so ‘n great song? Maynard James Keenan van Tool deel die vocal responsibility met Chino Moreno en die resultate is ongelooflik. Die song gaan nie jou lewe verander nie (behalwe as jy ‘n groot Deftones of Maynard James Keenan fan is) maar dit is tog nie ‘n slegte song nie. Dit het uit en uit ‘n Deftones klank en die kontras tussen die Deftones klank en Maynard se vocals is wat die song vir my so great maak.

Veral Maynard se chorus deel vanaf omtrent 02:00 in die song in is vir my great.

You may also like...

9 Responses

  1. RoKa says:

    Be….. Fok!

  2. Stix says:

    Dankie bra, ek stem saam.

  3. Joe says:

    Daardie is nie ‘n ponie nie! Dit is ‘n perd. Ponies is moordlustige, haatlike diere wat jou oë sal uitruk met hul tande en in jou leë oogkas sal kak as jy nie versigtig is nie! (Ek sal weet.)

    Also, die album klink nietemin interessant.

  4. Skrapnel says:

    Ek het eers later in my lewe ‘n fan van Tool en APC geword, nogatans was ek altyd ‘n moerse fan van “Passenger” en ek sou so ver gaan om te sê dat dit saam met “Digital Bath”, “Knife Party” en “Change (In The House Of Flies)” een van die beste tracks is op White Pony!

    Die song bring die musikale genius wat MJK is na vore en mens kan die Tool invloed op die song se samestelling hoor.

    Love dit!

    Thanks

  5. Stix says:

    Ek luister al vandat ek eergisteraand die post geskryf het heeltyd na “Passenger” en “Change (In the house of flies)”. Vir my die twee beste songs op die album en gelukkig is hulle direk na mekaar.

  1. January 31, 2013

    […] betekenis agter al die lirieke van Tool probeer bepaal. Ek het al 'n interview gesien waar Mynard James Keenan gevra is of daar regtig 'n betekenis agter sy lirieke is. Dit is nie 'n onderwerp wat hy verkies om […]

  2. July 2, 2013

    […] wat Oppikoppi Bewilderbeast toe gaan die jaar. Jy gaan nou Billy Talent ook te sien kry saam met Deftones en Yellowcard. Dit is veral goeie nuus vir die gene wat miskien Billy Talent gemis het toe hulle […]

  3. July 29, 2014

    […] Deftones is vir my baie nostalgies, vir een of ander rede. Dit vat my terug na my matriek jaar of my eerste jaar of wat in Londen. Eindelose ure op treine met Deftones as my soundtrack oppad werk toe of oppad huis toe. Dit mag dalk ook wees omdat ek Londen fokken baie mis. Ek het in die twee jaar wat ek in Londen was nooit die kans gehad om Deftones live te gaan sien nie. Dus is ek bly ek gaan nou die kans kry by Oppikoppi Bewilderbeast. […]

  4. July 20, 2015

    […] op ‘n slag. Die nuutste song wat ons kan hoor is “Embers” en Chino Moreno van Deftones doen bietjie guest vocals op die nuwe Lamb of God […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *