Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

One Night in Cape Town

Bietjie goeie nuus vir die mense van Kaapstad: Die Hilltop Live span het nie van julle vergeet in julle tyd van nood nie. Hilltop Live Productions en MK bring vir julle One Night in Cape Town by die Grand West Casino Grand Arena op 9 Augustus 2012. Die aand gaan vol rock wees met Seether, Enter Shikari, Bullet For my Valentine, Eagles of Death Metal en KONGOS spesiaal vir die van julle wat die awesome bands nie by Oppikoppi Sweet/Thing die jaar gaan kan sien nie.

Die Suid-Afrikaanse three piece wat bestaan uit Shaun Morgan, Dale Stewart en John Humphrey staan saam bekend as Seether. Hulle maak vir die eerste keer vanaf Junie 2008 weer ‘n draai in Suid-Afrika. Seether is by ver die suksessvolste rock groep wat nog uit Suid-Afrika gekom het. Nie net het hulle al miljoene albums verkoop nie maar hulle toer ook hulle gatte af met ‘n gemiddeld van 275 optredes per jaar.

Kerrang magazine het Enter Shikari met die Best Live Band Award beklee op 7 Junie 2012 en in Augustus gaan ons die kans kry om te sien hoekom. Enter Shikari het hulle debut gemaak in 2003 met hulle unieke klank wat bestaan uit ‘n mengsel van hardcore en dubstep/electro. A Flash Flood of Colour is Enter Shikari se derde vol lengte album. Al het baie van ons nog nooit van Enter Shikari gehoor nie is die ons kans om hulle punkrockdubstephard-coremetalambienttechnonoisecore klank live te sien en nou kry mense van die Kaap ook die kans om hulle by die Grand Arena te sien.

Bullet For my Valentine se melodic metal is beslis nie een waarmee fans van metal nie bekend is nie. Die band is in 2008, 2009 en 2010 benoem as die Best Britsh Band deur Kerrang magazine. Die groep is tien jaar terug gevorm in hulle tuis dorp van Bridgend en het oorspronklik Metallica en Nirvana songs ge-cover. Hulle het hulle gehoor gevind in 2002 en het ‘n 5 album deal geteken met Sony BMG en in 2005 maak hulle album, The Poison, golwe in die Rock and Roll wêreld. Nou kry Bullet fans uit Suid-Afrika ook die kans om die ouens live te sien.

Suid-Afrika is nie freemdelinge met die band KONGOS nie. Hulle vorige toer van Suid-Afrika was ‘n groot sukses en hulle het vinniger ‘n gehoor gevind onder Suid-Afrikaanse musiek fans as wat ek enige ander band al gesien het fans kry in Suid-Afrika. Na hulle eerste toer hier het KONGOS gesê hulle gaan terug wees en ek is seker niemand het gedink hulle gaan in Augustus alweer terug wees nie. As jy hulle gemis het by enige van hulle shows waar die kaartjies uitverkoop het toe hulle laas hier was is die jou kans om hulle te sien.

Die hekke vir One Night in Cape Town maak 14:00 oop en die kaartjies se pryse lyk so:

Golden Circle – R450 excluding Computicket service and credit card fees
General Standing – R400 excluding Computicket service and credit card fees
Seated – R380 excluding Computicket service and credit card fees
Disabled – R400 excluding Computicket service and credit card fees

Jy kan nou jou kaartjies vir One Night in Cape Town koop deur Computicket. As jy in die Kaap is en jy kan nie die jaar se Oppikoppi maak nie stel ek voor jy kry nou jou kaartjie vir One Night in Cape Town.

Gaan kyk na www.facebook.com/onenightincapetown vir meer informasie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *