Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dagga: Police in Helicopters

Die mure van dagga-prohibition is stadig maar seker wêreldwyd inmekaar te stort. Recreational dagga gebruik is al vir meer as ‘n jaar wettig in Colorado in die VSA, asook Washington, Alaska. Hier in Suid-Afrika is dit asof daar nou harder as ooit geveg word om dagga te laat lyk soos ‘n duiwel wat dit nie is nie, en soos met alle prohibition is dit die mense wat die meeste ly onder die sinnelose dagga-oorlog.

Dagga Police in Helicopters, Transkei, Eastern Cape

Die Dagga Couple het onlangs die lang pad na die Transkei aangepak oor die Suid-Afrikaanse Polisie besig is om dodelike gifstowwe te gebruik om die groei van dagga te beveg. Wat eintlik besig is om te gebeur is dat mense, diere en kos plantasies besig is om vergiftig te word. Want soos met alles anders wat die Suid-Afrikaanse polisie doen, doen hulle dit nie baie goed nie. Die gif beland in water, op mielies en ander gewasse wat gegroei word as kos vir die mense wat in die Transkei bly en ook op die veë, en selfs mense, wat in die areas bly waar die helikopters gebruik word om die gif te sproei.

Hier is ‘n kort documentary wat Die Dagga Couple gemaak het nadat hulle self gaan kyk het wat aangaan in die Transkei. In ‘n land waar ons sukkel met armhoede en geweld kan ek nie glo dat ons steeds geld mors op dagga prohibition nie. Om ‘n helikopter in die lug te kry kos baie geld, kan ons regtig nie daardie geld op ‘n beter manier gebruik nie? Eerder as mense se gesondheid en lewensgehalte te verwoes.

Die ergte van alles is seker dat die hele saak meestal deur die media in Suid-Afrika geïgnoreer word. Ons kort geld om die mense van die land te help en sodat die kinders (die toekoms) ‘n behoorlike opvoeding kan kry. Miskien moet ons eerder begin kyk hoe dagga meer werke kan skep en geld in die ekonomie kan inbring. Nou is die vraag net of Suid-Afrika een van die lande gaan wees wat eerste gaan help met dagga reform? Of gaan ons soos met alles anders net volg wat ons sien in die res van die wêreld? Want dan mag dit reeds te laat wees.

You may also like...

3 Responses

  1. Jaco says:

    Wanneer laas het die SA gov ooit iets oorspronklike gedoen? Hulle pas dan konsepte toe wat reeds gefaal het in ander lande… Stupid fucks.

  1. March 9, 2015

    […] aan Andre wat die een hier bo ingestuur het. Jy kan hier lees oor wat aangaan met die polisie en dagga in die […]

  2. March 29, 2015

    […] dagga-entoesias is van plan om sy winkels oop te maak in die state van die VSA waar die gebruik van dagga wetting is, naamliks Colorado, Washington en […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *