Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Oepsies Oomblikke

‘n Oepsie is nie altyd net daardie lekker bacon en cherries goed wat ons braai as ‘n happie om te eet voor die ander vleis gebraai word nie. ‘n Oepsie kan ook daardie oomblik wees wat jou so paar rand kos, veral as jy nie versekering het nie.

oepsies

Hier is so paar oepsie oomblikke wat ek al deur is (sodat jy nie hoef daar deur te gaan nie):

Swem met ‘n selfoon in my sak

Dit was ‘n iPhone 4. Ek en Scuba Steve wou die dag by ‘n swembad in ‘n komplek gan swem waar ek gebly het. My hond wou nie ophou blaf toe ons loop nie, so toe vat ons die brak saam swembad toe. Ek onthou nog hoe ek my foon eers net gelos het op die kombuis se ontbyt-toonbank.

As mevrou Stix bel, soos sy gesê het sy gaan, en jy antwoord nie jou foon nie. Vat die ding saam.

Daardie klein bliksem stem in my kop moet ballas groei en nie vir my vrou luister nie, soos ek. My hande was vol: handoek, hond, ander stront. Ek druk toe die foon in my foon se gatsak. Dit is waar hy gebly het tot lank na die swem. Oepsie.

Toe die gode my kar wou afskryf

Ek was besig om op die N4 te ry, oppad huistoe na ‘n lang dag se werk. Die wolke het boos gelyk daardie dag. Toe die hael begin val was dit klein stukkies. Toe ek die eerste pool-bal size stuk hael die teer van die snelweg sien tref, en hop, toe weet ek dat ek in die kak is.

My windscreen was kort na dit stukken en een stuk hael het die dak so hard getref dat my kar-liggie aangekom het. Net net kort van R90 000 se skade in minder as ‘n minuut. Ek het ‘n appel te skil met moeder natuur. Oepsie.

Kar radio word gesteel, 3 keer

Ek het nog ‘n Citi Golf gery. My tweede een want die eerste een is gesteel. Dit is nie dat ek nie ‘n ander kar wou hê nie, ek kon niks anders bekostig nie. My eerste Golf is voor my meisie (nou my vrou) se huis gesteel, en sy radio ook. Maar jy is jonk en jy is lus en dan los jy maar jou nuwe Golf ook buite haar huis, waar die eerste een gesteel is.

Toe ek buite kom en my kar is weg was ek kwaad. Oppad na die polisiestasie so twee blokke weg van my dame se huis af het my Golf gestaan. Al haar deure was oop, sy was violated. Ek het my eie klein cut-off gesit op die alternator en die swape wat my kar gesteel het kon hom nie aan die gang kry nie. Die radio was weer weg.

So paar maande later is my radio weer uit die kar gesteel. Die keer het die bliksems oor ‘n hek geklim om in my kar in te kom. Darem nie heeltemal my opesie nie.

Die magic handsak van Eastwoods

Niks goed kom daarvan om na zef plekke te gaan nie. Die manier hoe ek daarmee deal as ek na sulke plekke gelseep word is ek raak van my gesig af. Die aand het ek en my dame van ons gesigte af geraak. Daar was bier, daar was shots, daar was zef en daar was brannas.

Soos magic het my dame se handsak verdwyn sonder dat enige van ons dronkies dit eers gesien het. Hoe is daardie nou vir kulkuns? Beursie, selfoon, ID, make-up, sekerlik een of ander klein verlore Afrika-kind, jy weet mos dames het alles en meer in hul handsakke. Darem het ons die volgende dag nog ons hangovers gehad. Oepsie.

Miskien kort jy nie net versekering wat goedkoop versekerings premies vir jou kar het nie, maar ook versekering wat jou help om oepsies te vermy.

Vind uit wat King Price vir jou kan doen en kry nou aanlyn kar versekering kwotaisie op hul website.

Hierdie is ‘n sponsored post. Dit is die tipe ding wat gevaaalik.com aan die gang hou. As jy King Price ondersteun (deur die link daar bo te click) ondersteun jy gevaaalik.com ook. Dankbaar.

You may also like...

3 Responses

  1. Jason says:

    Na ek die gelees het, het ek besluit om King Price te bel. Ek was altyd by Outsurance maar nou is altwee my karre by King Price verseker en dit is amper 30% goedkoper as wat dit was by Outsurance

  1. December 11, 2015

    […] versekering is nie ‘n lekker ding om te moet hê nie, maar glo my jy is altyd bly jy het dit wanneer jy dit nodig het. Dit ie moeilik om regtig die idee te kry van hoe dit voel as versekering jou gat red. Dit is nie […]

  2. December 11, 2015

    […] versekering is nie ‘n lekker ding om te moet hê nie, maar glo my jy is altyd bly jy het dit wanneer jy dit nodig het. Dit ie moeilik om regtig die idee te kry van hoe dit voel as versekering jou gat red. Dit is nie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *