Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jose Aldo, Conor McGregor se moeilkste geveg

Ek like vir Conor McGregor. Ek like hoe vlymskerp sy bek is, en ook sy hande en voete. Tog kan niemand stry dat Jose Aldo ‘n beast op sy eie is nie. Jose Aldo het al van my gunsteling fighters uitmekaar geskop. Aldo het albei Frankie Edgar en Urijah Faber se bene letterlik onder hulle uitgeskop.

Aldo vs McGregor UFC 194

Conor McGregor is goed en daarom kan hy so baie kak praat om in sy opponent se kop te kom. McGregor is verseker in Aldo se kop, maar Aldo is nogsteeds ‘n ongelooflike experienced fighter. In hierdie video sal jy sien van die werk wat Aldo al gedoen het. Die Jose Aldo vs Chad Mendes fight was taai, maar McGregor het vir Mendes uitgeslaan.

Nou kan jy verstaan hoekom dit onmoontlik is om te sê wat in hierdie fight gaan gebeur. Wat ons wel weet, is dat dit mal gaan wees. Wie dink jy gaan wen tussen McGregor en Aldo? Laat weet hoekom in die comments.

https://youtu.be/Y8chBGjXIZo

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *