Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nick Diaz Highlights

Al skree ek nie spesifiek vir enige fighter in ‘n MMA fight nie, is daar so paar ouens wat ek van hou om te kyk as hulle fight. Anderson Silva, George St. Pierre, Urijah Faber en Nick Diaz. Nick Diaz is ‘n uitstekende bokser, overall is hy ‘n sterk MMA fighter, maar wat vir Nick al ‘n paar keer gehelp het om sy fights te wen is sy fiksheid. Sy cardio is ongelooflik. Hy doen triathlons bo-op sy training vir fights. Daar is ‘n video van hom wat ‘n speed bag slaan vir 23 minute aanmekaar. Jy kan die video hier sien. Voor jy sê dit is niks, het jy al ‘n speed bag probeer slaan vir 5 minute? Gaan try dit bietjie.

Nick Diaz vs Evangelista Santos

Nick Diaz; vat so Evangelista Santos

Nick is ook al geskors van die UFC vir 6 maande deur die Nevada State Athletic Commission oor hy ‘n drug test ge-fail het. Hulle het THC in sy sisteem gekry. Nick Diaz steek glad nie die feit dat hy dagga rook weg nie. Die totes is gedoen net voor hy teen Takaknori Gomi baklei het. Sy THC vlak was so hoog dat hulle gesê het dat dit ‘n contributing factor was in sy performance. Ja, hy is windgat en praat baie kak, maar dit is altyd lekker om te kyk as Nick Diaz baklei. Hy is net so ongelooflik fiks hy raak nie moeg nie en kan net aanhou punches gooi. En soos jy in die video hier onder sal sien, as hy eers begin punches land, hou hy nie op nie.

You may also like...

5 Responses

  1. Steve says:

    @Stix : So jy like Joe Rogan,UFC en GTA V. Ok,jy is eintlik befok en aanvaar die as my apology vir die feit dat ek so groot poes was en ‘n retraction van als wat gese is. Respect bra!! RESPECT!

    Ek is moerse fan van Anderson Silva,hy het rond getos met Chris Weidman maar ek scheme met die rematch in Vegas 28 Dec gaan hy koning kraai. Gaan daai outjie pay per view all is dit anal rape in die orde van R400 om live te sien. Ek hoop net hy gooi die handoek daarna dat hy sy legacy behou.

    Het jy UFC 165 gesien Johnson vs Gustafsson? Een van die bestes of all time. Maar in my opinie die must see fight van 2013 is UFC 166 Sanchez vs Melendez!! Wat ‘n fokken soldaat is daai Sanchez nie!

    Smaak ook vir GSP,meer sy attitude as sy fights. Grappling is minder entertaining alhoewel ‘n kennis van jujitsu seker sal help om die finer nuances te waaardeer. Joe Rogan doen however nogals ‘n goeie job om mens deur dit te praat.

    Oor en uit ou beer

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Steve: Dit is nie nodig om jammer te sê nie man. As jy dink enige van die goed wat jy gesê het, het my gepla: Moenie worry nie, dit het nie. As jy iets wil doen, bepaal eerder wat in jou lewe veroorsaak dat jy gevoel het jy moet cunty wees met my. En gebruik dit om te leer oor jouself. In elk geval, alles wat ek skryf, skryf ek om ‘n debat te begin of ‘n reaksie uit te lok. Jy is nie die eerste een om sulke commets te kom los nie en jy sal verseker nie die laaste een wees nie.

    As for die UFC 28 Dec, mieksien moet ons ‘n kuier reël by iemand met ‘n lekker internet connection wat kan ophook met sy TV en dan kan ons almal inchip vir die Pay Per View prys en dit saam kyk. Ek ken jou mos, so as jy ophou wegkruip agter jou skuilnaam, is ek seker ons sal plan kan maak.

    Ek ken nie die UFCs so off by number nie, maar ek het al baie van hulle gekyk. Ek moet probeer om bietjie van die nuwe goed in die hande te kry, ek dink ek het nog net tot by UFC132 of so iets gekom.

  3. Steve says:

    Ek is al lankal lus om sulke UFC screenings te begin met MMA fans. Sal fokkken mal wees. Ek sal plan maak en invites uitstuur. Volgende een is 16 November(GSP vs Hendricks) en dan die grote 28 Des. Gaan kyk al die UFC fights van so 160 af en op. Maar jy MOET 166/165 sien sommer eerste en in daai volgorde. Jy sal als op kickass.to kry.

  4. Hennie says:

    Ek het gisteraand weer gesit en die hele EFC 26 kyk en dit was maar ‘n teleurstellende event. Alhoewel die SA/Afrika ouens baie verbeter het dink ek steeds die meerderheid van hulle sal ‘n moerse pak slae kry. Kom ons vat nou Welterweight bv. Opperman teen die dude van die DRC, as een van hulle sou fight teen GSP is ek 100% seker daarvan die fight is binne die eerste 3 minute verby. Dis ‘n jammerte dat UFC nie by ons gewys word nie. Kan ook seker nie van Mutlichoice verwag om Ultimate Fighter op die Series kanaal te wys nie, The Bachelor is seker te belangrik.

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Hennie: Ek stem 100% saam. Die EFC ouens sal my opfok, maar as hulle moet compete in die UFC sal hulle ‘n swaar les leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *