Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die ligter kant van die Olimpiese Spele

Soos jy behoort te weet is die Olimpiese Spele tans in Londen aan die gang teen volle vaart. Suid-Afrika het reeds sy eerste goue medalje en wêreldrekord ingepalm deur Cameron van der Burgh se puik optrede, en ons hou duim vas vir ten minste nog ‘n paar. Ten minste is die SA span se medalje-telling op die oomblik beter as die enkele silwer medalje van Kgotso Mokoena tydens die Spele in Beijing in 2008.

Maar vir al die goeie prestasies is daar ook darem ouens en vrouens wat hul name vergat. En te danke aan die handjievol atlete wat hul Olimpiese drome (onbewustelik) inruil vir ‘n fail compilation op die interwebs – we salute you! Dis die arme idiote wat atletiek funny maak vir die res van die wêreld wat nie ure aaneen wil staar na ‘n skerm sonder opwinding nie. Mense wat seerkry is snaaks vir mense wat dit sien, dis hoe ons werk.


You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *