Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Cape Tattoo Expo 2013

Die Cape Tattoo Expo gaan volgende jaar al vir die vyfde keer gebeur. Dit is een van die grootste lifestyle festivals van die soort op die Afrika kontinent. En volgende jaar gaan daar nog meer internationale tattoo artists daar wees en dit gaan die beste Cape Tattoo Expo nog wees.

Cape Tattoo Expo 2013

Die 2013 Cape Tattoo Expo word in die Kaapstad stadsaal gehou. Die event het baie gegroei oor die laaste paar jaar en die Kaapstad stadsaal is die perfekte venue vir die event.

Die eerste Cape Tattoo Expo het meer as 75 tattoo artists gehad, van hulle die grootste name in internationale skin ink. Vir die 5500 lede van die publiek wat dit bygewoon het was dit ‘n duidelike teken dat tattoo’s en die tattoo kultuur in Suid-Afrika nie meer net vir gommies was nie. Tattoo’s het hul plek gevind as ‘n ware kuns in die samelewing. Oor die volgende 4 jaar het nog meer internationale tattoo artists die Cape Tattoo Expo bygewoon, tot dat daar artists van meer as 30 verskillende lande die evnent bygewoon het.

Cape Tattoo Expo

In 2013 beplan Southern Ink Xposure om weereens die beste in tattoo kultuur en lifestyle na die expo te bring. Van die groot name wat jy by die Cape Tattoo Expo sal kan sien is Bob Tyrrell (US), Laura Juan (Spain), Randy Englehard (Germany), Robert Hernandez (Sp/Pol), Mark Bester (UK), sowel as die beste wat Suid-Afrika het. Ek is veral opgewonde oor Bob Tyrrell, een van die beste gray scale tattoo artists van vandag. Hy is veral bekend vir sy donker imagery tattoo’s, dink skedels, demone ens.

Kaartjies is beskikbaar deur die Cape Tattoo Expo website. Dit is R100 vir ‘n day pass en R250 vir ‘n all-access weekend pass. Volg gerus @CapeTattExpo op Twitter of gaan na hulle Facebook page vir meer info.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *