Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Skrillex Cinema & Santigold Disparate Youth – Mike Tompkins

Twee gevaaalike lesers (Johan en Andre) het die link na die video gister vir my gestuur. Dit is ‘n video van ‘n ou wat ‘n live dubstep song doen met ‘n verskil: Hy maak al die geluide met sy mond. Hy vat dan die geluide en loop die kak uit dit uit om dan die song live te perform. Soos dit maar gaan met dubstep covers is dit ‘n Skrillex song wat hy mix met ‘n Santigold song.

So gepraat van Skrillex. Hy is oppad Suid-Afrika toe. Al klink meeste dubstep vir my deesdae maar dieselfde sal ek tien teen een nogsteeds gaan na een van Skrillex se shows as hy in Suid-Afrika is. Gareth Wilson het by ver die beste rede gehad hoekom jy moet gaan al like jy nie dubstep nie en hy het dit getweet: “@garethwilsonSA: Even though I find Skrillex somewhat boring these days I will probably go, cos half naked chicks on drugs”

Skrillex gaan 3 shows in SA speel. Kaapstad op 28 Februarie 2013, Durban 1 Maart 2013 en Johannesburg 2 Maart 2013. Kaartjies gaan te koop 28 Januarie 2013. Check die video van Mike Tompkins. Ek het baie meer gehou van die drum session wat Luke Holland saam met “Cinema” gedoen het. Wat dink julle van die video? Los ‘n comment.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *