Bobby moer weer sy naam met ‘n plank
Ek is all for charity. Ek het ook my Casual Day sticker teen R10 gekoop, al dra ek elke dag maar casual klere werk toe. Ek het niks teen die feit dat daar ‘n paar pitte saamgeskraap word vir charity met die Casual Day stickers nie en dit is nice dat mense R10 kan afknyp om te help.
Maar vertrou vir Bobby van Jaarveld om Casual Day as nog ‘n kans te sien om sy naam klip hard te kont met ‘n plank. En homself nog verder te bemark. Toe ek die foto’s die eerste keer sien, het ek regtig gedink dit is ‘n photoshop job. Ek kon nie glo dat selfs Afrikaans popsterre hulself so sal wil vergat nie, maar die foto’s was nie naby Photoshop gewees. Hierdie jaar se tema vir Casual Day is “rockstar”. Nie fokken wannabe gangster nie, Bobby. All in the name of charity, I guess. Kyk hoe lyk Bobby. En Pieter Koen join ook sommer die eenvoudige gedrag. Talentlose mense moet seker maar iets doen om in die publiek se oë te bly.
‘n Grap is ‘n grap, maar koop maar jou Casual Day sticker en ondersteun die een.
Bobby “Staan soos ‘n poes…. lyk soos ‘n poes….. sing soos ‘n poes….. ” van Jaarsveld!
Hi daar,
Eerstens, baie dankie dat jy jou Casual Day sticker gekoop het en bereid is om mense met gestremdhede te ondersteun.
As ’n fondsinsamelings projek is ons budget so te sê R0 omdat ons glo die geld wat ingesamel word moet gaan vir die persone vir wie dit ingesamel word. Sodoende maak ons staat op mense se goedhartigheid om ons te ondersteun (soos jy) en ook celebrities wat tyd uit hulle skedule kan haal. Bobby van Jaarsveld, Pieter Koen, Terence Bridgett en ’n klomp ander celebs doen dit uit goedhartigheid uit. (Gekontak deur my). Meeste ouens sou ons geld gevra het vir dit, die bogenoemde het nie.
Jy is reg, die outfits is seker tacky en wanne be, Pieter Koen is nie ’n punk nie, Bobby van Jaarsveld is nie ’n rapper nie en Terence Bridgett is nie ’n rasta nie, maar omdat ons nie geld het om op enige iets soos die te spandeer nie, moes ons doen met wat ons het.
Die fotos wat jy oral sien in die media is gestuur deur my persoonlik en is nie omdat Bobby en Pieter “scout” vir ekstra publisiteit nie maar wel om ons te help die projek te bemark.
Dis min mense wat bereid sal wees om so belaglik aan te trek en orals te verskyn “in the name of charity”.
Hoop jy gaan ’n great Casual Day hê, jou plakker dra en aantrek soos ‘n regte rocktar
Groete
Casual Day / Loslit Dag
Hi,
Dit is great dat die Casual Day-projek steeds voortgaan. Ek is seker jy kan aflei dat ons die projek ook ondersteun, aangesien ons noem dat ons die stickers koop en dra.
Ek is bly die celebs het julle nie geld gevra nie – dit sou nogal swak smaak gewees het, nie waar nie? Ons hoef egter nie van Bobby van Jaarsveld en Pieter Koen te hou omdat hulle goeie projekte ondersteun nie, hoef ons?
Verskoon dus die sinisme, maar met “celebs” wat met elke geleentheid die koerante en tydskrifte se voorblaaie probeer haal, is dit deesdae moeilik om te onderskei tussen ‘n publisiteits-stunt en ‘n goeie daad.
Dankie, ons sal ons Casual Day geniet, en ons sal ons stickers wat ons gekoop het ter ondersteuning van Casual Day ook dra. Ek hoop dit is baie suksesvol.
Cheers.
PS: Ek moet net byvoeg dat mense wat bereid is om vir Huisgenoot eksklusiewe toegang tot hulle troue te gee, en die foto’s daarvan dan laat publiseer in Huisgenoot (die grootste tydskrif in die land, waarvan elke uitgawe deur ongeveer agt mense gelees word), het waarskynlik nie ‘n issue daarmee om belaglik aan te trek en oral te verskyn “in the name of charity” nie. So julle het ‘n goeie keuse gemaak.