Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Cosmopolitan SA verloor alle credibility

Dit is official. Die mense by Cosmopolitan SA (die damestydskrif) is almal op die tikpyp. Hulle het gister aangekonding wie volgens hulle die sexyste man in Suid-Afrika is. En hulle keuse was… Bobby “Dis ‘n tottie” van Jaarsveld. Fok tog.

Ek wil nie meer deel wees van die mensdom nie. Kyk net hoe fokken sexy is ou Bobby in die foto hier onder! Braakwekkend. Asseblief gevaaalike dameslesers, help om my faith in humanity te restore deur hieronder te komment en te laat weet wat julle dink van Cosmopolitan SA se besluit om Bobby van Jaarsveld te bekroon as die sexyste man in Suid-Afrika.

You may also like...

9 Responses

  1. Hoekom lees jy cosmo man?

  2. Stix says:

    Het dit actually op Tuks Fm gehoor.

  3. BaasDeBeer says:

    Dude, jou insig in sexy mans is vir my kommerwekkend…
    1. Wierehel gee om of ‘n dude sexy is?
    2. Geen dude is sexy nie.
    3. Girls is sexy.

  4. Joe says:

    Sover ek weet moes mense actually hiervoor stem. Ek veronderstel Bobby kon wen omdat hy sy dom en lelike legion of fans op Facebook kon gebruik om elkeen ‘n honderd keer vir hom te stem. Dis moer snaaks. Gaan kyk bietjie op sy Facebook page (behalwe as jy klaar ontbyt gehad het – bly in daardie geval weg). Tussen sy fokken dom opinies is elke tweede post iets in die rigting van “Stem vir my vir xxxxx kompetisie, as julle wil”. Fucktard.

  5. Joe says:

    Hoekom lees jy nie Cosmo nie, dude?

  6. Joe says:

    Myns insiens is daar niks daarmee fout as mans kan erken dat ander mans nie fokken lelik is nie. Dit beteken tog beslis nie mens wil die bra se been fokken dry hump nie.

    1. Ek figure dis belangrik om te wonder oor die wenners van sulke kompetisies (of dit nou mans of vroue is), want in meeste gevalle wys dit jou hoe fucked up ons samelewing is.
    2. Iemand van enige geslag kan sexy wees.
    3. Vroue het nie fokken alleenreg op sexy wees nie, en om iets te sê oor ‘n ander ou se voorkoms beteken nie mens sing “I Touch Myself” terwyl mens oor hom dink nie. Hoewel daar ook niks fout is vir mans om “I Touch Myself” te sing terwyl hulle vir ander mans kyk nie.

    Dis anyway fokken weird dat Bobby van Jaarsveld hierdie kompetisie gewen het. All in all is so ‘n kompetisie tog ‘n vanity competition, en ek is verbaas dat Bobby (wat homself so verkoop met sy veelbesproke Christenskap) enigsins aan so iets deelneem. Wag. Nee, ek is nie verbaas nie. Niks wat hy kan doen vir reklame en geld verbaas my meer nie.

  7. DieMBeen says:

    Dankie dat jy reply het Joasaurus. Ek het dit oorweeg om basies dieselfde ding te sê maar die aantal kere wat ek die letters op die keyboard sou moes druk om woorde te form en ultimately ‘n coherent sin het my moeg gemaak vir die lewe.

  8. DieMBeen says:

    Die comment moes eintlik ‘n reply gewees het op jou vorige reply (Joe). Skommel dit maar so in julle kopmasjiene.

  9. n Trotse Suid Afrikaner says:

    Hou net op Jaloers wees, en Klim van julle Banke af op en kry vir julle regte werke…GOD het niemand geskape om ander te KRITISEER nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *