Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Black Sabbath – In the Studio

Ek mis so elke nou en dan iets wat ek eintlik moes gesit het op gevaaalik.com. Gelukkig hou julle lesers my op my tone en Andries het vir my die links gestuur na so paar video’s van Black Sabbath in studio. Soos jy seker nou al weet is Black Sabbath se nuwe album, 13,  oppad en ons het al die eerste single vanaf die album gehoor.

Black Sabbath en heel regs, die ou wat soos Moses lyk, is Rick Rubin

Black Sabbath en heel regs, die ou wat soos Moses lyk, is Rick Rubin

Wat die nuwe album great maak is dat Rick Rubin die album produce. As jy enigsins iets weet van metal musiek dan sal die naam Rick Rubin vir jou ‘n klokkie lui want hy het al saam met almal van Metallica tot Slipknot gewerk. Die great ding van die video’s is dat jy ‘n klein voorsmakie kry van hoe die nuwe album gaan klink. Dit is ook great om Rick Rubin te hoor sê dat hulle probeer terug gaan na die ou Black Sabbath sound.

Hier is twee van die video’s. In die een praat hulle oor die Sabbath Sound en in die ander verduidelik Rick Rubin hoe dit is om saam met Black Sabbath te werk. 100 Puff the magical dragon punte vir jou as jy geweet het wie die drummer in die video’s is. Dit is natuurlik Brad Wilk van Rage Against the Machine en Audioslave.

As jy nog van die video’s wil sien, gaan loer gerus na Black Sabbath se Youtube page.

You may also like...

2 Responses

  1. May 29, 2013

    […] laaste jaar al gewerk het aan die nuwe Nine Inch Nails album, en die album is klaar. Dit nou bo-op Black Sabbath se nuwe album en Queens of the Stone Age se nuwe album. Hier is wat Trent Reznor self te sê gehad het in die […]

  2. July 1, 2013

    […] nie Black Sabbath se nuwe album, 13, het nie moet jy nou jou hande op dit probeer kry. Dit is 'n Black Sabbath album soos die Black Sabbath wat jy geluister het (dit is nou as jy 'n cool kind was) toe jy 'n […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *