Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

RAMfest 2016 bewys musiek-fans sit met oogklappies aan

Jou bederfde klein kontgevreet. Hoe durf jy kla oor jy al reeds vir Black Rebel Motorcycle Club al in Suid-Afrika gesien het? Is jy een van daardie kinders wat heeldag en aldag net kon sit en niks doen, en toe koop mamma en pappa vir jou alles? Gaan jy jou neusie optrek as Metallica weer Suid-Africa toe kom ook? In daardie geval is jy ook ‘n asshole. Altwee hierdie bands is uitstekend, en jy behoort lucky te voel dat jy al meer as een kans gehad het om die bands te sien.

RAMfest 2016 Black Rebel Motorcycle Club

RAMfest is nie meer ‘n drie dag festival nie

Meer het verander as net Hilltop wat nou betrokke is by RAMfest (ons kom nou terug na dit toe, so let nog net so 5 minute op, jackass). RAMfest gaan nou op jaar 10, slegs ‘n een dag festival wees. 5 Maart 2016 in die Noorde en 12 Maart 2016 in die Suide. Dit is nou seker Johannesburg en Kaapstad. Kaartjies is van more, 25 November 2015, af beskikbaar by Computicket.

Dus betaal jy nou R450 en dit is net een dag van great musiek. Gaan dit jou werklik geld spaar? Miskien nie vir JOU nie, maar dit gaan verseker die opportunity van jou ontneem om meer te spandeer oor daardie drie dae, want nou is dit net een dag. Almal verdien nie dieselfde hoeveelheid nie, en dus is dit ontmoontlik om te sê wie gaan geld spaar en wie nie. Jy kan jou geld altyd op ander shit blaas as jy te veel het. Koop iets soos die, raak dronk en huil oor jy te veel geld het.

Ek kan jou wel sê dat grens oor dit ‘n een dag festival is gaan nie skielik veroorsaak dat RAMfest weer ‘n drie dag festival word nie. So stop jou gegrens, veral op die internet. Die heelal draai nie om jou gat nie.

Wat is RAMfest-oogklappies?

RAMfest-oogklappies is wanneer jy vas kyk in die BRMC wat headline in plaas van die regte issue wat die Suid-Afrikaanse musiek scene raak: Hilltop (die mense agter Oppikoppi, en pretty much enige ander “kleiner” live music event) is nou betrokke by RAMfest.

Wat presies is die verhouding? Ek weet nie, dit is nerens wat ek kon vind verduidelik of uiteengesit wat Hilltop se funksie in die verhouding met RAMtouring is nie. Hilltop het jare se experience, hulle het al 21 Oppikoppi festivals aan ons gebring. Tog moet jy ook onthou dat Hilltop se band budget nie dieselfde is as Big Concerts nie.

Om een international en so 20 ander bands bymekaar te kry op een dag vir live musiek, is nie cheap nie. Al gebruik jy local bands, die local bands moet ook eet. Dink bietjie daaraan: local acts verdien elke sent wat hulle kan kry, so VIVA kleiner international bands as dit beteken die local ouens kry meer gigs.

Hoeveel bands het saam met Metallica gespeel? Twee, ek dink. Hoeveel bands het saam met die Foo Fighters gespeel? Twee… ek dink. Hoeveel bands gaan speel op die een dag by RAMfest? Verseker meer as 10.

Real Alternative Music Festival is dit nie

Ek dink my musieksmaak is alternative. ‘n Alternative tot wat jy op die fokken radio in Suid-Afrika gaan hoor. Ons speel niks Adele in hierdie huis nie. Maar ek luister na Jimi Hendrix, Tool, Nine Inch Nails, Nas, Eminem en baie ander goed. Nou gaan jy seker sê dat dit alles nie “alternative” is nie, maar dit hang net af wat jy reken jy besluit het alternative is. Hoekom is jy nou weer so spesiaal dat jy vir my kan voorskryf wat my alternatief moet wees tot Steve Hofmeyr? Fokof dommie.

RAMfest is ‘n alternative music festival, en ja dit gaan verseker nou minder alternative wees as jy kyk na byvoorbeeld die jaar se Oppikoppi line-up. In 2010 en 2013 het Jack Parow by RAMfest gespeel, Biffy Clyro was ook al daar en hulle is purely emo-musiek, RAMfest is nog nooit traditionally alternative gewees nie. Tog is hulle steed die alternative, tot ‘n mate, vir nou. Daar is hoop met local acts soos Hellcats, alles hoef nie DSTV box-office pop te wees nie.

Slipknot gaan likely nie by RAMfest wees nie

Slipknot kan nie cheap wees om te bring nie. Daar is nege lede in daardie band. Dit beteken nege verskillende mense se equipment. Dan nog die production equipment, ligte, vuur, set ens. Die kort en lank daarvan is dat dit baie geld sal kos om Slipknot in Suid-Afrika te kry. Big Concerts tipe geld, nie Hilltop tipe geld nie. As ek verkeerd is oor die diepte van Hilltop se sakke, dan kan ons weer praat. Met Big Concerts lyk die kanse klein, maar hulle het Rammstein na Suid-Afrika gebring. so daar is altyd ‘n kans.

Dit sal befok wees as RAMfest ons surprise met ‘n groot act van de-overseas. Maar as jy grens oor wat BRMC dan is jy doodeenvoudig ‘n drol. Jy gedra jouself as niks anders as ‘n brat nie. Deur net te fokus op die bands mis jy die groter issue, want jy sit met oogklappies op.

As jy regtig omgegee het vir die local music scene sou jy meer bekommered gewees het dat alles deesdae deur Hilltop gebeur. Is dit goed vir ons dat ons net een promoter gaan het wat live shows organize in SA? Is jy regtig ‘n musiek-fan, gee jy regtig om oor die local scene? Of is jy ‘n hipster wat luister na Biffy Clyro en jouself beskryf as alternative? Klink vir my jy is net ‘n selfbehepde doos. Dink bietjie verder as jou neus en geniet RAMfest.

You may also like...

2 Responses

  1. Henno Kruger says:

    Stix, jy maak ‘n paar stewige punte hierso, maar ek wil net vir jou sê dat Biffy Clyro nie ‘n hipster band is nie, hulle is al van 1995 af aan die gang en is bietjie meer alternative as wat jy dink. Check hulle live show clips van Reading en ander festivals wat hulle al gespeel het, dis rerig meer rock ‘n roll as wat jy dink. Vra maar vir Baas De Beer of hy nog dink Biffy Clyfo is ‘n pansy ass hipster band na hy hulle gesien het by laas jaar se RAMFest 😀

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Henno: Ek oordryf vir comedic effect bra. Ek hou steeeds nie van van Biffy Clyro nie, maak nie saak hoe lank hulle al speel nie, of hoe alternative enige iemand dink hulle is nie. Ek like nie hulle emosionele lyrics nie. Ek was al by festivals waar hulle gespeel het, ek like hulle net nie. It is what it is. Christo het baie crazy opinies waarmee ek nie saamstem nie, Biffy Clyro gaan likely een van daardie wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *