Bekende skilderye gedoen as LEGO
Marco Sodano het ‘n rukkie terug ‘n projek begin net om sy eie kreatiwiteit bietjie aan te vuur. Wat Sodano gedoen het is om bekende skilderye oor te doen met LEGO. Die “pixelated” skilderye het vir Sodano naam gemaak op die internet. Maar om bekend te wees op die internet bring nie altyd die geld in nie.
Gelukkig vir Sodano het LEGO sy werk gesien en besluit om dit te maak van ‘n bemarkings projek en dus word Sodano toe Art Director van die projek. Partykeer verander daardie klein kreatiewe projekte in ‘n werk, al wat dit vat is probeer. Hier is so paar van die skilderye en hulle LEGO weergawes.