Clockwork Orania
Wat het Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en Afriforum almal in gemeen? Hulle almal is propaganda nuts wat vrees en haat gebruik om geld te maak. In Steve Hofmeyr se geval is dit met ‘n sugar coating van Neil Diamond covers en die serenading van Bloubul ondersteuners. Dit is meer as wat ons kan sê vir Sunette Bridges, want sy het absoluut fokol talent. Niks.
Die ZA Newz se Puppet Nation het Clockwork Orania video gemaak. Die hoofrol word vertolk deur puppet Steve. Dit is ongelooflik snaaks. Wat Puppet Nation baie goed doen is om belaglikhede uit te wys. Snaaks hoe meeste van Afriforum se ondersteuner saam stem dat Julius Malema mal is, maar twee van hulle mees publieke verteenwoordigers is duidelik in dieselfde dwangbuis. Google bietjie “dwangbuis”. Ek het nogal baie respek vir die ZA Newz team en wat hulle doen. Ek dink nie daar is enige ander comedy writing team in SA wat doen wat hulle doen nie.
Kyk die video hier onder en laat weet my wat jy dink in die comments. Is Steve reg of is die ZA Newz mense op drugs?
Nie juis so snaaks soos julle voorgee nie
Nee, hierdie was regtig briljant. Ek vermoed ‘n mens moet die fliek A Clockwork Orange kyk om regtig die joke heeltemal te kan geniet, soos wat ek het.
@Lourens: Alhoewel dit nie noodsaaklik is nie, help dit verseker as Jy Clockwork Orange al gekyk het. Ek vermoed dat Mase nog net Cockwork Orange gekyk het en daarom dink hy dat dit nie snaaks is nie.