Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Begin 2012 saam met Jeremy Loops

Die vakansie is verby en meeste mense is terug by die werk. Dis baie hartseer, ek weet, maar ons moet iewers begin werk vir ons geld – waarmee anders gaan ons drank koop? Tydens ‘n bitter laid back Sondag het ek op hierdie video van Jeremy Loops afgekom (baie dankie aan MK).

Sy naam sê alles. Die bra is soos n kulkunstenaar met tegnologie. Basies ‘n one man band, maar dit klink asof daar vyf mense op die verhoog moet wees. Nie net vertoon hy goed nie, maar sy musiek is ook definitief die moeite werd om te luister. Ek sal dit ‘n fusion van Jack Johnson en Holiday Murray noem. Indien jy een van diegene is wie se siel gaan vrek die oomblik dat jy jou baas se gesig sien, stel ek voor jy luister die video voor ons ‘n local Columbine op ons hande het.

Nou ja, ongelukkig het ons nie so baie om na uit te sien in 2012 soos in 2011 nie, maar ek het net so gevoel hierdie jaar gaan een van die grootstes wees. Die MK Awards is om die draai en ek weet somer ons gaan dans-jou-knieë-af-musiek hoor.

Nou ja, hou op rond fok en begin werk, want jy wil seker nie gefire word nog voor die jaar ordentlik afgeskop het nie.

You may also like...

2 Responses

  1. May 10, 2013

    […] Jeremy Loops, Fruits & Veggies, Dune Rats (Australia), Beach Party, Bateleur, The Stella's, ISO, Shortstraw, Beatenberg, Albert Frost, Taxi Violence, Hot Water, Matthew Mole en Nakhane Toure. […]

  2. August 5, 2013

    […] en om te sien hoe hy sy musiek maak is altyd iets wat jy jou vriende van gaan vertel. Jy kan vir Jeremy Loops vang Saterdag 16:00 by die James Phillips Main […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *