Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

American Head Charge – Just So You Know

American Head Charge is ‘n Industrial Metal band uit Amerika. As jy van Slipknot hou gaan jy tien teen een van American Head Charge hou. Maar om American Head Charge net met Slipknot te vergelyk sal vekeerd wees, hulle klank is baie uniek. Hulle tweede album was getitel The War of Art en dit was die eerste album wat ek van hulle geluister het. Die eerste song wat ek van hulle gehoor het was immers nie op The War of Art nie. “Loyalty” is die eerste American Head Charge song wat ek gehoor het, dit was ‘n track op een van die CDs wat jy saam die Metal Hammer tydskrif gekry het.

Nadat ek “Loyalty” sif geluister het, het ek eendag in Londen se Bond Street HMV vir my The Art of War gekoop. American Head Charge het net na die release van The War of Art hulle eerste major tour begin saam met Ozzy Osbourne se Ozzfest. As jy nog meer rede soek om die album te koop, Rick Rubbin was die producer van die album. Hier is die song “Just so You Know” vanaf The War of Art.

Een ding wat vir my veral uitstaan in die song is Cameron Heacock se vocal range. Hy gebruik een of ander effect op een mic en sing dan weer deur ‘n gewonde mic. Dan hier by die 02:50 merk van die video word die song baie hard en dan hoor mens weer ‘n hele ander kant van sy vocal range. Dit is rondom die 02:50 merk waar die band se voorkoms ook heelwat verander. Awesome video.

Doen jouself ‘n guns en begin jou Vrydag reg, kliphard, met die song. Dit is nie net ‘n awesome song nie, die video is ook great.

You may also like...

4 Responses

  1. Crusty says:

    Check “A Violent Reaction” en “Shutdown” ook gerus uit. Al twee is actually vir my beter as “Just So You Know”. Piele band. Cool dat Slipknot se evil clown actually bietjie gesig wys. Dit remind my, fok; ek haat clowns

    Cheers

  2. Stix says:

    Yes daardie is ook altwee baie goeie American Head Charge songs.

  3. Tricksey says:

    Love hierie dude se vocals… altyd die beste vocal integration met die riffs. Lekker.

  1. December 11, 2012

    […] is geen geheim dat American Head Charge deur 'n moeilike tyd is die afgelope paar jaar. Nadat American Head Charge vir hulle naam gemaak […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *