Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

American Head Charge – Sugars of Someday

Dit is geen geheim dat American Head Charge deur ‘n moeilike tyd is die afgelope paar jaar. Nadat American Head Charge vir hulle naam gemaak het op die metal music scene het hulle begin toer en saam met toer gaan drugs en party. Die hele band het basies drug probleme begin ervaar. Na hulle terugkoms van ‘n twee jaar hiatus het die band weer bymekaar gekom om ‘n album te record.

Die album wat hulle sou probeer record was 2005 se The Feeding. Van dag een af was dit ‘n moeilike proses. Twee van die lede van die band was nog in rehab vir hul drug probleme. ‘n Stukkende American Head Charge (met so paar nuwe lede) het saamgespan en begin skryf en record aan The Feeding, die follow up album vir die meestervolle The War of Art.

Sugars of Someday single

Rick Rubin (Metal producer legend wat ook The War of Art produce het) sou The Feeding ook produce het, maar oor American Head Charge se probleme het hy baie skaars begin raak. Die band het hom toe gevra om uit hulle recording kontrak gelaat te word en Rubin was nice genoeg om in te stem. Greg Fidelman het die producing verantwoordelikheid oorgeneem. The Feeding is toe release in al was dit nie so groot sukses soos The War of Art nie was dit steeds ‘n great album.

Maar die band se probleme was nog nie verby nie. Guitarist Bryan Ottoson het op die ouderdom van 27 ge-overdose op prescription medication. Dit is sewe jaar vandat die band ‘n nuwe single uit gebring het, maar hulle comeback track “Sugars of Someday” is awesome. Jy kan die song vir jouself download vanaf American Head Charge se Band Camp page. Jy hoef nie te betaal vir die track nie, maar as jy ‘n paar sente betaal vir die single dan gaan jy help betaal vir American Head Charge se nuwe EP.

Ek like die nuwe song. Dit is by ver die most “radio friendly” song wat ek al van American Head Charge af gehoor het, maar dit raak lekker hard ook nader aan die laaste derde van die song. Ek love American Head Charge en ek kan nie wag vir nog nuwe musiek van hulle af nie. Wat dink jy van die nuwe American Head Charge song? Luister “Sugars of Someday” hier onder en laat weet my wat jy dink in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. January 7, 2013

    […] die? Is Compressorhead die future van metal? Ek dink nie ons hoef nou al te kommer oor robots wat metal oorneem nie, maar 100 jaar terug het mense gedink om van hier tot Londen te vlieg in 11 ure is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *