Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Afriforum het geen respek vir privaatheid nie

Blykbaar was daar een of ander tyd ’n byeenkoms by die Voortrekkermonument. Dit is hoekom ek nou 08:30 op ’n Dinsdagoggend op die foon is. Ek hou nie van praat op die foon nie. Veral nie met vreemdelinge nie. Dit is ’n “sales call” – van Afriforum, nogal.

AfriForum logo Afrikaans

Dit sal nou die tweede keer wees wat Afriforum my bel binne die afgelope min of meer ses weke.
“Ek is *Mongolied van Afriforum. Ons skakel u vandag in verband met die sportskwotas in Suid-Afrikaanse sport.”

“Dankie, maar ek stel nie belang in sport nie en ook nie in die kwotasisteem nie.” Ek kan nie glo ek moet vir iemand lieg net om hulle uit my hare te kry nie. Ek kan nie glo ek het sopas die woorde “kwotasisteem” en “dankie” in dieselfde sin gebruik nie.

Is moord ‘n sport vir Afriforum?

“O, so jy gee ook nie om oor plaasmoorde nie?”

Ek was eers stomgeslaan. In my kop het ek probeer om Mongolied se denkwyse te verstaan. Ek wou weet watse paadjies sy moes volg om daardie twee sake bymekaar te bring.

My mond gaan na so ’n paar sekondes oop. Ek voel soos ’n drukkoker soos ek die stroom vloekwoorde moet terughou: “Hoe om gotsnaam het jy nou verstaan dat ek nie omgee oor sportskwotas nie en dus ook nie oor moord nie?”

In my gedagtes sien ek vir Mongolied in die badkamer by een of ander Centurion-kuiergat besig om lyne kat van die toiletbak af te doen.

“Ek is jammer ek mors jou tyd met goed waaroor jy nie omgee nie,” spoeg sy die woorde blitsvinnig uit. Dit drup van aannames en haat. Geöefen om my te haat oor goed wat sy aanneem.

Mongolied probeer my boelie en verkleineer, oor die foon. Ek het beledig gevoel; sy het my immers gebel. Noudat Mongolied se masker afgeval het, wil sy net in ’n grot in hol voor die son haar verbrand, en net die oproep beëindig.

“Nee, wag ’n bietjie. Jy het my gebel om te praat. So kom ons praat. Jy gaan nie nou die foon net in my oor neersit nie, gaan jy?”

“Ek wil niemand se tyd mors nie.”

“Great. Heel eerste kan jy dan sommer keer dat jy ooit weer my tyd mors deur my naam van julle lysie van ‘mense wat omgee’ af te haal. Dan kan jy my vertel waar jy my nommer gekry het.”

’n Paniekerige stilte is skielik aan haar kant van die foon.

“Ons kry ons nommers direk van hoofkantoor af.” Aan ’n vaer antwoord kon ek self nie dink nie. Ek is seker Mongolied het ook nie daaraan gedink nie, sy herhaal maar net soos ’n papegaai wat vir haar gesê is.

“Snaaks, want so ’n paar weke terug toe julle my gebel het oor armblankes is daar vir my gesê dat julle my nommer by Alet [met geen van] gekry het. Was Alet eintlik net hoofkantoor wat my laasweek gebel het?”

“Ons hou baie byeenkomste by die Voortrekkermonument, waar mense ander mense se kontak besonderhede vir ons gee.”

Die gebruik van die woord byeenkoms laat my nog altyd dink aan my Voortrekkerdae in die laerskool. Deesdae is dit lyk my ‘n manier om die Afriforum Musiekfees te beskryf.

“Ek sal sekermaak dat meneer se naam van die lys afgehaal word.” Weereens sê sy dit só dat ek moet verstaan hierdie ongemaklike gesprek is my skuld. Asof Mongolied nie eers besef het dat sy die foon opgetel het en my gebel het nie.

Afriforum se motivering is die probleem

Wat my bloed laat kook is nie die feit dat Afriforum my net klakkeloos bel oor hulle klaarblyklik my nommer by een of ander persoon gekry het nie. Ek was nie kwaad omdat Mongolied besig was om my tyd te mors nie; sy doen immers maar net haar werk.

Ek was kwaad oor daar aangeneem word ek gee nie om oor moord nie, net omdat ek gesê het ek gee nie om oor sport nie. Ek gee baie daaroor om, eintlik, want ek is ’n mens wat omgee oor ander mense. ’n Vriend van my se ouers is nou die dag slagoffers van ’n plaasaanval gewees. Albei het in die hospitaal opgeëindig. Moord is walglik, en die feit dat julle dit in my gesig gooi bewys waarom ek julle nie ondersteun nie: Fearmongering.

Afriforum Steve Hofmeyr

As julle en julle handlanger Steve Hofmeyr (Solidariteit) soveel tyd en geld spandeer het aan arm mense help soos wat julle daaraan spandeer om mense bang te praat, dan sou julle al ’n baie groter verskil gemaak het as wat julle tans maak. En dan beledig julle ook nog die mense wat julle probeer oortuig om julle te ondersteun?

Ek dink julle het al goeie goed gedoen. Hou aan met dit. Los die bullshit. Ek wou op ’n stadium iemand van Afriforum Jeug op die gevaaalik.com podcast kry, maar nou is ek bang julle stuur vir my nog iemand soos Mongolied. Iemand wat in plaas van met my praat en met my ’n ander perspektief probeer deel, ’n ideologie op my probeer afdwing deur my bang te praat.

Respekteer ook asseblief my privaatheid. Moet my nie bel nie – maak nie saak waar jy my nommer gekry het nie. Julle laat my ongemaklik voel. O, en ek hou van sport. MMA is ’n sport.

*Mongolied is ’n naam was as volg uitgespreek word Mongo- (soos mango met ‘n o in plaas van ‘n a) lied (soos gelieg in Engels: You lied). Die naam is ook ’n skuilnaam om Mongolied se identiteit te beskerm.

You may also like...

8 Responses

  1. pisgesig says:

    Blêddie hel – dis crazy sheet. Ek dink mens moet onthou dat AfriForum\Solidariteit companies is, wat eintlik maar soos alle ander companies, wil geld maak. As hulle regitg sooveel omgee oor sake soos plaasmoorde\kwotas etc het hulle actually iets probeer doen daaraan ipv om mense te pla oor die foon. Daarmee gaan hulle niks regkry nie.
    O ja – en FOK steve.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Presies my punt, as hulle regtig wou help sou hulle geld baie beter spandeer wees op eintlik help as betaal vir ‘n spul call center agents en oproepe om mense te probeer oortuig om geld vir hulle te gee. Veral as die call center agents is soos Mogolied was.

  3. Jp says:

    https://www.nationaloptout.co.za/ Ruan gaan kyk na die site ek het al my detail daar in gesit en geen fokkers bel of sms my nie lewe is n droom en ek hoef nie meer vir telesales mense te se ek is besig om te kak om van hulle ontslae te raak nie.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Jp: Awesome! Thanks JP.

  5. pisgesig says:

    Die National Opt Out ding is cool, maar die catch is dat net companies wat deel is van die DMA(Direct Marketing Association of SA) honour dit. M.a.w, as company ABC nie ‘n member van die DMA is nie, dan is dit nou maar so, en hulle sal jou bel as hulle jou nommer het. Ek praat uit ervaring. Dit word wel beter soos tyd verloop. Hier is die lys van DMA members : http://www.dmasa.org/members.asp

  6. Opgeklits says:

    Ja… Gevaarlik… Stem saam met van die sake wat hul wil aanvat Stem nie saam hoe hul dit wil doen nie… Stem nog minder saam om aan n gesig lose persoon my bank details oor n foon te gee… Nadat ek n week terug ek ook n stel afgetrap het met n ander “betroubare” bekende organisasie… Sorry.. Geen geld vir julle nie As dit dan gaan oor die ledetal waarom is my bankbesonderhede nodig…???

  1. June 8, 2015

    […] as dit kan jy seker maak Afriforum respekteer jou privaatheid deur hierdie te lees en dit te deel so wyd en ver as wat jy kan. Click daardie share knoppies daaro bo of onder aan die […]

  2. January 29, 2016

    […] Afriforum-man, Pretoria se eerste, en ook mees useless, superhero is Donderdagaand gevang in ‘n lokval gestel deur ‘n groep wat moeg was vir sy posts op social media. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *