Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

4 Dinge wat ek geleer het uit vas sit in die verkeer

Ons almal was al daar: Jy is oppad huis toe op ‘n Vrydag en dan besluit iemand hy kan nie bestuur nie en dan sit jy in die verkeer vas. But, all hope is not lost. Miskien kan ons so ‘n paar dinge ler uit die tos situasie leer.

Mense gee slegs om oor hulself

Mense gee nie ‘n fok om oor enigiemand anders as hulself nie. Mense is oor die algemeen assholes, maar sit hulle in ‘n kar en jy kan die asshole factor met ten minste tien maal. “Ek is die enigste mens op aarde wat laat is vir my 10:00 meeting.” “Ek het vanoggend ses keer my snooze button gedruk en nou gaan ek laat wees vir werk. Daarom gaan ek voor jou indruk.” Een van die groot probleme wat die wêreld tans het is dat niemand omgee oor die mense om hulle nie. En hoekom moet ons? Meeste mense is poeste.

Dankie Darth Vader

Suid-Afrikaanse radio suig

Suid-Afrikaanse radio suig ‘n vet sak vol donkietrille. Dank Darth Vader dat daar CD players, MP3 players en kar radio’s met USB ports is. Die fok weet as ek na een of ander Suid-Afrikaanse radiostasie moes luister sou ek nou al my kar van ‘n brug af gery het. Die oplossing in hierdie geval is blatantly obvious. So obvious soos wat die korrupsie in ons government is. So luister jou CD’s, MP3’s en podcasts. Moenie laat 5FM, Kakkeranda FM of Highveld vir jou voorskryf waarna jy moet luister nie. Kies na wat JY wil luister. En as dit een van die bogenoemde is, dan is dit ook OK, jou dom drol.

Ouens op motorfietse hou nie van dink nie

Ouens op motorfietse (of “bikes” soos die  classy naaiers hulle noem) gee nog minder van ‘n fok om oor enigiemand anders. Hierdie punt gaan miskien baie groot seuns afpis, maar iemand moet dit sê. “Think Bike”. Ons almal het die stickers al gesien. Wat die stickers probeer behaal is dat motoriste mense op motorfietse in gedagte moet hou: “Check jou blind spot vir ouens op motorfietse wat tussendeur die verkeer jaag.”

Hoe klink hierdie vir ‘n idee? As jy ‘n bike ry en jy maak die keuse om tussen die verkeer te ry, daar tussen die twee bane se verkeer, wees verantwoordelik vir jou eie besluit. Moet nie die res van ons probeer verantwoordelik maak vir jou keuses nie. Ek spring nie valskerm en dan verwag ek van iemand anders om die valskerm te laat oopgaan terwyl ek afdoos grond toe nie. Think bike se gat. Think for your fucking self.

Taxibestuurders is dose

Elke liewe taxibestuurder is ‘n poes. Nie oor hulle swart is nie, jou rassis. Hulle is dose omdat hulle geen respek het vir verkeersreëls nie. Hulle het ook geen respek vir hulle passasiers of ander padgebruikers nie. Ek HAAT taxi drivers en as weerlig elke liewe taxi driver in sy skoene laat kook sal die wêreld ‘n beter plek wees.

Die illustration is gedoen deur Danielle Roe. Follow haar op Twitter by @danielle_roe of sien meer van haar werk op haar Instagram profile.

You may also like...

22 Responses

  1. Vivian Gervais says:

    Ja en Nee gevaalik.com Die “bike” story, ek is n “biker” en ry n kar, ek dink, die think bikeis daar om vir motoriste bewis te maak van bikes nie omdat hulle (ek) tussen karre ry, maar dat daar nie n seatbelt, n dashboard, n stuurwiel, ens ens om my is om my injuries te beminder. Tussen karre ry is nie ‘reg’ maar ja, n klomp bikes in tou, maak net daai traffic soveel langer, so dis ok n goie ding, asit nie n bike wat tussen karre ry, is dit net weer n kar wat in tou staan, en kyk hoe taxis verby ry en voor instoot. Die think bike is nie bedoel om te se kyk uit vir die doos wat jaag tussen karre, maar dalk, kyk uit vir die nice ou (soos ek) wat nie jaag, maar verhoed dat daar meer karre in tou staan.. verskoon my Afrikaans as dit nie reg klink, maar ek is n rooinek, met Afrikaans bloed!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Vivian: Eerstens; thanks dat jy die site so gereëld besoek en die stuff like en share op Facebook. Dit is befok van jou, veral oor jy ‘n soutie is.

    Right: Ek moet seker ook sê dat ek tans opsoek is na ‘n bike vir myself. Hier is die ding; Dit is jou keuse om ‘n bike te ry sonder ‘n seatbelt, dashboard, stuurwiel ens. niemand ander se keuse nie, JOUNE. So hoekom probeer jy ander mense verantwoordelik maak vir jou keuse? Wil jy tussen die verkeer deur glip deur tussen die verkeer deur te ry? Ja, ok, fai enough, dit is jou keuse. My punt is dat jy nie ander mense moet probeer verantwoordelik maak vir jou keuse nie. As jy kies om tussen die verkeer deur te ry moet jy verantwoordelikheid vat vir jou keuse. Dit, of jy kan soos die res van die mense in die baan ry waar verkeer moet wees en nie die wet oortree nie. Nog ‘n ding wat my nie populêr sal maak nie: Deur tussen die verkeer te ry oortree jy die wet, nes daardie taxi diver waarvan jy so praat. So wat maak jou beter as die ander ou wat die wet oortree?

  3. Safron says:

    From the Front Page of the Think Bike Website:
    What is Think Bike all about?
    -Educating all road users to be on the lookout for two wheel road users.
    -Educating first time riders about the importance of proper riding skills training and defensive riding techniques
    -Encouraging all bikers to wear the correct protective gear
    -Educating all motorcyclists and cyclists about safe and responsible road usage

    What Think Bike can’t do is control the action of every idiot that gets onto a bike – your tirade, while valid, is directed at a group that advocate the general message you are sending…go figure…

    Maybe get involved…or at least know what it is that Think Bike represent before attacking

    PS…Lanesplitting is legal

  4. anom says:

    Hi. Ek stem saam dat daar naaiers op bikes is en omgelukkig vat dit net een van hulle om die res van ons se naam gat te maak
    Ek ry al vir jare fiets maar respekteur elke pad verbruiker…of jy nou n vespa ry of n 100ton trok! ek wil net by sit dat dit nie teen die wet is om te “lanesplit” ( deur die karre te ry) nie. Die wet se dat n motorfiets n kar mag verbysteek IN DIE SELDE BAAN so lank dir veilig is om so te doen. Ek hoop die biker/naaier wat jou suur gemaak het leer sy les ( op n goeie manier) want nie alle bikers is naaiers nie. net so 10% is!

  5. Hugo says:

    Hi Ruan,

    Think Bike is nie daar om verantwoordelikheid weg te vat van die bikers nie, maar eerder om die mense bewus te maak dat hulle ook verantwoordelik is om veilig te bestuur?

    Ek was 2 keer van my bike af gery deur karre. Een keer deur ‘n ou wat nie gekyk het voor hy van ‘n stop straat ry nie, en die ander keer toe ‘n dronk man ‘n rooi lig geignoreer het.

    In beide gevalle sou dinge baie anders gewees het as hulle net bietjie gedink het, en verantwoordelik genoeg was om te kyk wat aangaan…

    Ja, ek is verantwoordelik vir my besluite…maar die ou in sy kar wat voor my in ry by ‘n stop straat, verkeerslig, kruising, ens is ook verantwoordelik vir SY besluite…

    Hopelik remind die Think Bike stickers hom daarvan voor hy iets dom doen…

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Safron: I’m pretty sure that driving between two lanes of traffic is not legal. Then again, it would not be the first law to not make sense. Regardless: “Educating all motorcyclists and cyclists about safe and responsible road usage” there is nothing responsible or safe about “lanesplitting”. Obviously I’m aware of the fact that what I’m pointing out here does not apply to all people that ride bikes. But I think I was pretty clear in pointing out that my problem lies with the ones drive between two lanes of traffic and then expect motorists to be responsible for the irresponsible choice.

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Hugo: Soos ek aan Safron verduidelik het, ek verwys spesifiek na die ouens wat tussen die verkeer deur ry en verwag dat motoriste moet verandwoordelikheid neem vir hulle waaghalsigheid.

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @anom: Hey, dankie vir jou reply. Duidelik skeer ek nie almal wat motorfieste ry onder dieselfde kam nie. Ek verwys na die wat die lanesplitting ding doen en dan verwag van motoriste om te moet versigtig wees al is hulle besig om iets te doen wat duidelik nie veilig is nie.

  9. André says:

    Hi Ruan, dit is wettig om ‘n baan met ‘n ander voertuig te deel. Ek kan nou die relevante dele van die National Padverkeerswet aanhaal en dan kibble ek en jy vir weke oor die interpretasie. Wat ek eerder doen is om jou na twee artikels te verwys.

    http://www.iol.co.za/motoring/bikes-quads-karts/lane-splitting-ban-for-bikes-mooted-1.1471930

    en

    http://motoring.iafrica.com/features/881813.html

    As die MEC en die AA glo dis wettig, kan jy maar aanvaar dit is. Hulle sal nie iets probeer verbied wat klaar onwettig is nie.

    Dan, so ietsie oor die Think Bike sticker wat jou so ontstig het. Dis nie ‘n opdrag nie. Dis nie eers ‘n versoek nie. Dis bloot om die ou wat agter daardie voertuig te herinner om aan ‘n bike te dink. En weereens, ons kan nou ure daaroor redekawel, maar onthou ene ding. As ek nie dink nie, is ek dood. As jy nie dink nie, is ek ook dood.

    Think Bike se gat!? Val lekker op die tong, maar dit is darem nie ‘n onredelike ding nie.

  10. André says:

    So ietsie verder. Ek ry elke dag so amper 90km heen en weer tussen die huis en die soutmyn. Ek vind dat meer as 90% van alle motoriste gemaklik en vriendelik plek maak dat ek wel kan lane split. Ek knik of waai gewoontlik ‘n dankie, maar ek sê dit sommer hier ook. Baie dankie aan al die motoriste wat so geredelik ‘n plekkie vir my maak.

  11. Ruan Stix Fourie says:

    @Andre: Yes Andre. Ok, dit is wettig. Is dit veilig? Nee. Ek gee gereëld vir ouens op bikes plek om verby te kom. Net soos met alles anders in die lewe voel ek dat ‘n persoon moet kan maak wat hy wil, solank hy niemand anders seer maak in die proses nie. Met dit gesê, elke persoon moet ook dan verantwoordelikheid vat vir sy eie keuses. Met ander woorde; “As ek nie dink nie, is ek dood. As jy nie dink nie, is ek ook dood.” daarin lê die probleem. Jy weet jy vat ‘n kans deur tussen twee bane verkeer deur te ry, wettig of nie. Jy kan nie verwag van ander mense om dan te dink vir jou nie. Net soos jy kan rook al weet jy dit gaan jou kanse van kanker drasties hoër maak, maar is dit die tabak maatskappye se verantwoordelikheid om jou te keer van rook, of moet jy slim genoeg wees om self die besluit te maak om nie te rook nie?

    Dankie vir jou insette.

  12. Leo says:

    Lane splitting is legal, http://zululandobserver.co.za/10355/aa-want-lane-splitting-banned/ (couldn’t find the original article) far safer than riding in the emergency lane which is both illegal and dangerous. Also bear in mind that if bikes did not lane split, traffic congestion would be a lot worse and when mommy in her SUV rear ends another car, the consequences are not so serious, now put a motorbike in the middle and our death toll increases, once again. Even thou lane splitting is legal, it is a privilege and bikers must respect this and ride responsibly and do so only when it is safe and at a reasonable speed.

    We all have the same gripe with people from all walks of life, car drivers, truck drivers and we could carry on and create a list that would never end. The sad thing, it is usually the minority that gives the majority a bad name and opinions are based on this. When a road user makes a mistake we are very quick to judge and label the individual without knowing the circumstances, hence why they are called mistakes or accidents.

    I believe, maybe naively, most of us don’t intentionally go out to cause an accident, yet how many people do you see driving their vehicles and busy doing everything but driving, could be anything from reading a book, talking on the cell phone, checking up on what’s happening on social media, putting on makeup, shaving and again this list goes on and on and then these same individuals are surprised when their actions lead to an accident.

    It’s time we stop being a country of blamer’s and whiners and start changing our actions and respect fellow users, no matter what they drive / ride. We all have the same rights on the roads.

  13. Andre Lourens says:

    jy het rerig nogal die pot geroer met die bikes storie Ruan 😛 maar dan weer stem ek saam met die woorde “say something you know they might attack you for”-Linkin Park

  14. Vivian Gervais says:

    @Ruan, lol, weer eens, ja nee, ek stem, dit is nie n reg, dit is my keuse, ek se net dat die think bike nie veronderstel (of gemaak) net vir bikes wat deur die traffic jaag, maar in die algemeen. Ek het baie vriende (bikes en bicycles) wat deur karre omgery is, net omdat mense feitlik, hulle nie sien, en trek by stop strate uit, ens voor hulle. My punt is, nee, think bike is nie vir wet breekers, maar bikers wat n keuse gemaak het om n bike te ry (Die pad is nie vir die allenlike gebruik van karre, en of trokke, en of taxis, ens) As dit so was, sou bikes dan onwettig gewees, en nog verder, nie verkoop word? Anyway, ek stem saam jou punt, maar dis nie net daai situasi nie, wat think bike so “onnodig” maak. Daai selfde keuse, is n reg, wat die motorkar ryer ok het, om n kar te ry. Altwee se keuse’s deel n pad, wat nie een s’n is, so. Hou die blink kant bo, Gevaalik vir President!! 😀

  15. Ruan Stix Fourie says:

    @Leo: I agree and also disagree on some points. See my reply to Andre. And thanks for your input Leo.

  16. André says:

    Vivian het dit goed gestel. Kom ons almal deel die pad en behandel mekaar met respek. Ja, ‘n sekere persentasie padgebruikers is mamparras en sal altyd wees, maar die metode van vervoer is toevallig.

  17. Sarelseemonster says:

    Nou sit jy in verkeer agter die karre…. n ander idioot sien jou nie want hy sit en tik op sy sellfoon… probably op mixit of iets, en hy ry agter in jou in. (net gister n Range Rover in n bakkie in sien ry soos die) Jy het nie eers n kans gehad daar nie + die verkeer bondel nog meer op.
    laat die ouens lane split en ry jy net mooi in jou baan. Dis die ouens wat nou probeer traffis’ speel wat die probleem veroorsaak. of die ou wat lane split will blok want hy is mos nou daar in sy kar lekker braaf om die wet toe te pas op ander.
    Dink net bietjie verder mense een van die dae ry julle almal motorfietse want die rand is in sy moer ein en petrol kos R30 per lieter.

  18. Colin says:

    Posted this on Facebook, thought I would post it here too:
    When I say “Think Bike”, I’m not asking you to think for me, I’m not asking for any special favours and I’m not asking you to do anything you shouldn’t be doing all the time anyway. Just check your blind spots before changing lanes, before pulling out of a driveway or intersection or making that u-turn, I know it will save my life and it may even save yours.
    My family thanks you for helping me get home safely and all it cost you was two seconds.

  19. Paul says:

    Ruan as ek dit reg het is die reels van die pad dat jy jou blinde koll en speeltjies moet na gaan voor jy jou “fliker” aan sit
    En jy moet dit weer doen voor jy draai.
    All wat Think Bike vra is dat jy op daai tyd ook kyk vir motor fietse want sekere mense in karre sien nie motorfietse nie
    Ja jy kry die baie “bright” bikers wat try 120KMH ry tussen karre wat 10KMH ry en die karre het geen kans om daai te sien kom nie
    As hy himself will dood maak is dit sy skuld
    Maar jy met jou comments teen Think bike is heeltemal on van pass
    en Jamer maar jy kan se wat jy will jy het Think bike die organisasie aan ge spreek
    En as jy eendag daai motorfiets kry dan sal jy sien dat in baie gevalle is dit veiliger om tussen die karre te ry as agter hulle
    In my direkte familie en friende ken ek 4 mense wat van hulle motorfietse af gery is terwyl hulle by rooi robot ge sit en wag het
    Nou will jy he ek moet agter n kar sit sodat iemand my can squash tussen die twee karre

  20. Ruan Stix Fourie says:

    @Paul: Ek dink nie my comments of opinie oor die saak is “heeltemal on van pas” nie. Want ek het duidelik ‘n nerve gestrike en oor die laaste week het ek al met baie mense gepraat daaroor, en meeste mense (Dit sluit mense wat motorfietse ry daagliks) stem saam met my. Ja, ek het tot ‘n mate veralgemeen want nie alle ouens wat motorfietse ry is die tiepe wat ek beskryf nie, maar ek voel ook dat ek daardie stelling nou al genoeg verduidelik het.

  21. Wally says:

    Ruan, die probleem met veralgemeen is dat die leser ook gaan veralgemeen die volgende keer as hy/sy n “biker” op die pad kry en dalk sy lewe in gevaar gaan stel.

    Daai “biker” is n persoon nes jy wat net van A tot B will gaan. Soos Paul y gese het, daar is n paar “bright” ouens wat 120km/h jaag tussen karre wat 10km/h ry. Dis die “biker” wat onnosel dan is.

    Die meerderheid volg die reels van die pad. Deur die bikes wat “lane-split” is die verkeer n bietjie minder vir my in n kar, want die “bikes” kan tussen karre ry in plaas van agter karre “op line” en die tou langer maak.

    Die “Think Bike” is n versoek soos die ander gese het. Dink n bietjie daaraan. As jy n klein stampie kry deur n ander kar wat nie in sy spieels gekyk het voordat n van baan verander het nie, is dit n bietjie skade aan jou kar, maar jy is “fine”. As dieselfde gebeur met n “biker”, is daar skade aan die bike en hy/sy kan ernstige beserings opdoen ook, al het hy/sy baie stadig en ordentlik gery.

  1. January 29, 2014

    […] jy dit gister gemis het, ek het so klein stukkie geskryf oor 4 dinge wat ek geleer het terwyl ek in verkeer vas sit. Een van die dinge wat ek geleer het raak op die "Think Bike" stickers. Die nuus het natuurlik […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *