Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe om ‘n breakup te handle soos ‘n champ

Oor die laaste paar maande is ‘n hele paar mense wat ek ken deur verhouding veranderinge. Dit is maar net die mooi manier om te sê dat daar so paar breakups was tussen baie mense wat ek ken (Nee, ek praat nie van jou nie). Lyk my nie almal weet so mooi hoe om ‘n breakup te hanteer nie. Ek het dit dus goed gedink om so paar pointers te gee, om jou breakup so smooth as moontlik te laat verloop.

Bad Breakup

Verbreek alle kontak na die breakup

Die is by ver die belangrikste ding. Dink gou mooi daaroor; daar is geen rede om aan tehou vir mekaar smse te stuur, mekaar te bel en ver-fokken-seker geen rede om mekaar te sien en oor dinge te praat nie. Julle verhouding is verby, beweeg aan met jou lewe. Hoe minder kontak daar is tussen julle twee hoe makliker gaan die breakup vir julle albei wees.

Jy weet net so goed soos ek dat om met mekaar aan te hou praat (of enige kontak te maak) dinge net moeiliker gaan maak. Hoe moet jy van iemand vergeet as julle steeds heeltyd kontak het met mekaar? En nee, julle gaan nie nou net vriende wees nie. Dalk eendag sal julle weer vriende wees, maar nie nou nie.

Moet nie praat oor jou gevoelens nie

Ek praat hier 100% vanaf die manlike perspektief. Ek weet nie of julle dames dit aanvaarbaar vind om met mekaar te praat oor hoe hartseer julle is nie, maar by ouens werk dit nie so nie. As ‘n man het jy geen rede om oor jou gevoelens te praat nie, want jou vriende gee nie om nie. As jy ‘n vriend het wat bereid is om met jou te praat oor jou hart wat seer is, wil daardie vriend tien teen access hê tot jou hol sodat hy dit kan gebruik as bêre plek vir sy penis.

Wat jy wel kan doen is om jou vriende te kry om jou aandag af te trek met fun aktiwiteite soos drink, party, meisies try optel, drugs doen, strip clubs toe gaan en daardie tiepe goed. Sodra jy enigsins jou gevoelens noem, het jou vriende die reg om jou ‘n poesklap te gee en jou ‘n pakkie tampons in die hand te steek en dan op straat te los soos die sleg hond wat jy is.

Moet nie jou hartseer breakup kak op social media deel nie

Die kort rede hier sal wees dat niemand (dit is reg NIEMAND, nie eers jou vriende nie) wil lees oor hoe baie jy iemand mis, of hoe alleen jy is nie. As jy op social media vertel hoe baie jy jou ex of iets van jou ex mis, is dit tien teen een die rede hoekom jy nou single is; want jy is sad en pathetic en dink ander mense gaan dink dit is oulik. Dit is nie oulik nie, dit is sad en pathetic.

Man the fuck up. Of as jy ‘n dame is, moet nie so grens nie. En daardie ou/meisie wat jou Facebook friend is en jou nogaltyd wou streep mag dalk net van plan verander as hy/sy lees hoe jy heeltyd in die publiek huil oor die einde van jou verhouding.

Onthou die goeie tye

Wanneer ‘n verhouding tussen twee mense tot ‘n einde kom, is dit baie maklik om te dink dat jy x hoeveelheid jare van jou lewe gemors het saam met die ander persoon. Maar probeer om die goeie tye te onthou. In meeste gevalle is daar baie meer goeie tye as slegte tye gewees. Dit is ok om kwaad te wees, maar jy kan nie vir altyd kwaad wees nie. Daai kak is nie goed vir jou nie.

Ongelukkig is dit hoe die lewe werk. Geen verhouding is bulletproof nie. Mense verander en more is jou ou/meise dalk net nie meer lief vir jou nie. Dit gebeur en dit is ok, dit is deel van die lewe. Ek is 100% bewus daarvan dat die verhouding waarin ek is dalk nie as “happily ever after” gaan eindig nie, ek het nie beheer oor hoe my vrou oor my voel nie, dit kan verander. Lewe eerder in die oomblik en geniet wat julle het nou, op die oomblik en hou op worry oor die toekoms of die verlede.

‘n Laaste tip

Dan ‘n laaste tip: The best way to get over one is toe get under another. Die siening maak my nie altyd die populere ou by ‘n braai nie, veral nie tussen die dames nie. Maar ‘n goeie hate fucking mag dalk net die ding wees wat jy nodig het om aan te beweeg. Wees net fokken slim, AIDS of een of ander ander STD sal die kersie op die koek wees as jy nou net deur ‘n breakup is.

You may also like...

7 Responses

  1. Lost441 says:

    Well said!! Ek stem met alles saam… Jy het net 1 belangrikke punt gemis. Bly besig – Moenie by die huis sit voor die TV en jouself jammer kry nie. Gaan slaan balle by die driving range, gaan check ‘n movie, drink ‘n bier of vier… Jy kry die punt!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Lost441: Jip, dit is ‘n goeie punt. besig bly is defnitief nodig.

  3. Danielle says:

    Beste artikel op die topic by ver. Ek sukkel bietjie met die Social Media ene, ek weet dis irriterend, maar is dit nie juis kinda waarvoor dit is nie? Facebook vra dan hoe voel ek… ek voel poes kak. No two ways about it. SO kak ek wil dit met vreemdelinge op die trein deel. Facebook is tog vol vn my vriende… gee hulle dan nie om nie? Nee, seker nie.

    Ter wille van my vriende se sanity sal ek my dekseltjie moet dop hou dat ek nie lek nie. Maar dan moet hulle ophou om hulle verlowings te post… it’s only fucking fair.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Danielle: ‘n Goeie vriendin het eenkeer vir my gesê: “Don’t get sad, get mad”. Dit is goeie advies, gebruik die pyn en die woede. Snaakse ding is dat dit baie keer beteken dit is wanneer ons “creative types” die eerlikste is met onsself en wat ons doen, partykeer brutally honest. Maak dit werk vir jou.

    As for die Social Media thing, die sad fact is dat jou kamstige vriende op Facebook en Twitter regtig nie omgee nie. Die wat omgee is die wat jou bel en vra of jy ‘n wyntjie wil drink of ‘n joint wil rook. So… Danielle, kom ons gaan rook ‘n vettie.

  5. Danielle says:

    Thanks Ruan…
    Ek sien jou Donderdag na werk?

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Danielle: Ok cool. Ek sal met die vrou praat en jou laat weet.

  7. valda says:

    Dit was bja gese n plat maar die reine waarheid

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *