Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Afriforum-man oornag gevang in lokval

Afriforum-man, Pretoria se eerste, en ook mees useless, superhero is Donderdagaand gevang in ‘n lokval gestel deur ‘n groep wat moeg was vir sy posts op social media.

Afriforum superhero

Foto: Yolanda Barnard

“Ons kon dit net nie meer hanteer nie. Afriforum probeer baie hard om ernstig opgeneem te word, maar hulle gedra hulself letterlik soos ‘n spul kinders wat superheros speel. Dan gaan post hulle die manewales op social media. WAT DIE FOK AFRIFORUM?” het Andre Visaagie gesê oor Afriforum-man.

Die groep noem hulself die Libtaard-Afrikaners. Hulle bestaan uit Afrikaans-sprekende jongmense tussen die ouderdom van 18 en 35. Hier en daar steek daar selfs ‘n grys kop uit. Die spul Libtaard-Afrikaners het sowat ‘n week terug Afriforum-man sien verskyn op Facebook en Twitter.

“Eintlik lieg ons. Die eerste keer wat ons van die dude gehoor het was toe Netwerk24 ook met hom gespot het.” vertel nog ‘n takhaar oor die groep se blootstelling aan Afriforum-man. Vroër het die Rekord ook “gerapporteer” op Afriforum-man.

Foto: Yolanda Barnard

Die Afriforum-man lokval

“Ons het toe besluit om vir die ou ‘n lokval te stel. Ons het ‘n bottel brandewyn, twee lieter Coke, en Coke Zero ook want Afriforum-man het so effe van ‘n pens aan die go, ‘n rugbybal, Bulls rugbytrui, biltong, Bok van Blerk album en ‘n band van ‘n 4×4 bakkie gebruik as aas.” lag Visaagie

“Fok jou Visaagie! Ek hou ook van al daardie goed!” skree ‘n ander Hippy-Afrikaner geklee in ‘n Bloubul trui uit die groep Libtaard-Afrikaners wat nog daar naby staan. Hulle almal begin almal saam lag.

Die aas was onder ‘n eenvoudige staal hok wat regop gehou is met ‘n groot stok. Die Libtard-Afrikaners het toe ‘n tou om die stok gebind en agter ‘n bos gaan wegkruip met die ander punt van die tou in hand.

Dit was skaars 15 minute toe daag Afriforum-man op by die lokval en die hok het geval: “Hulle kan nie die reuk van daardie aas weerstaan nie.” sê Visaagie soos hy wys in die rigting van Afriforum-man is sy nuwe huis van staal.

Afriforum-man verander niks

Visgaagie verduidelik dat hulle geen gevoelens van wraak het teenoor Afriforum-man of Afriforum nie: “Al wat ons nou eintlik gaan maak, is seker maak dat hy nie naby ‘n internet-konneksie kan kom nie. Straat name verander verander niks, maar sy social media posts verander ons bloeddruk en nie op ‘n goeie manier nie.”

https://youtu.be/eMlky20C5NE

*Hierdie stukkie satire is geinspireer deur die meme wat Afriforum-man is.

You may also like...

1 Response

  1. January 29, 2016

    […] die Random Gevaaalikhede se super power is baie beter as enige super power wat Afriform-man het. Jammer die een is so bietjie laat. Darem kom die Vrydag Bederf ook later om te help met jou […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *