Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Het Gaddafi die hel se deur oop gelos?

Almal skree “dis bedoos warm”. Goeie grot-otter, ek dink Gadaffi het die hel se deur oop vergeet toe hy daar in is. Anyway, mense wat heeltyd moan oor die weer pis my af so ek gaan nou ophou.

Ek’s vandag in ‘n besonderse goeie bui. Ek dink dit het iets te doen met die band Tool en die feit dat Jacob Zuma uiteindelik gewys het dat hy goene het. Dit het hom’ n hele paar jaar gevat om te wys dat hy ‘n ruggraat het, maar gelukkig het hy dit gedoen. Die bra het gister twee lede van sy kabinet gefire en nog ‘n topbra geskors: twee ministers en vir Bheki “look at my body” Cele.  Ek moet myself heeltyd keer anders begin ek sporadies dans.

Nog interessante nuus wat ek gister teegekom het is dat John Meyer ‘n keeloperasie ondergaan het en dat sy nuwe CD eers in 2012 vrygestel sal word. Noel Gallagher van Oasis het sy broer ‘n vet “fuck you” gewys en sy soloalbum het op nommer een gedebut. Verder het een of ander “I wan’t to be famous” kont ‘n verhoogvertoning aanmekaar gesit wat blykbaar ontbloot hoe Apple-produkte deur minderjariges in China vervaardig word.

Wel, daar is die nuus in ‘n neutedop. Sit jouself in ‘n gevaaalike mood en fokken dans!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *